Vroue en mans ‘verdien eers oor 202 jaar dieselfde’
Al wys die jongste syfers op trae vooruitgang, is dit ’n verbetering teenoor 2017 toe die gaping tussen mans en vroue vir die eerste keer in meer as ’n dekade groter geword het.
Bloomberg en William Horne – Die kloof tussen mans en vroue het in 2018 vernou danksy vooruitgang in lande soos Suid-Afrika, maar teen die huidige koers gaan die geslagte internasionaal eers oor 202 jaar ten volle gelyk wees.
Dit is luidens die Wêreld- Ekonomiese Forum (WEF) se jongste verslag oor geslagsgaping. Die verslag kyk na verskeie maatstawwe van ongelykheid tussen die geslagte. Wat betref politiek, werk, gesondheid en opvoeding het dit met minder as 0,1% verbeter teenoor 2017.
Teen dié pas sal gelykheid eers oor 108 jaar in dié kategorieë bereik word, maar die grootste uitdaging is op die gebied van ekonomiese geleenthede, waar deelname, bevordering en vergoeding die langste – 202 jaar – gaan neem om gelykheid te bereik.
Al wys die jongste syfers op trae vooruitgang, is dit ’n verbetering teenoor 2017 toe die gaping tussen mans en vroue vir die eerste keer in meer as ’n dekade groter geword het.
Hoe die verslag kyk na geslagsverskille:
· Ekonomiese geleenthede: salarisse, deelname en leierskap;
· Onderwys: toegang tot basiese en hoër vlakke van onderwys;
· Politieke bemagtiging: verteenwoordiging in besluitnemingstrukture; en
· Gesondheid en oorlewing: lewensverwagting en geslagsverhoudinge.
“Wat ons wêreldwyd sien, is dat geen land al geslagsgelykheid bereik het nie, ongeag die vlak van ontwikkeling, streek of soort ekonomie. Geslagsongelykheid is wêreldwyd die werklikheid en ons sien dit in alle aspekte van vroue se lewe,” sê Anna-Karin Jatfors, streekdirekteur van Verenigde Nasies Vroue.
“Maar 202 jaar is te lank om te wag.”
In vergelyking met die internasionale gemiddeld het Suid-Afrika al merkwaardig gevorder. Uit 149 lande is Suid-Afrika nou 19de op die ranglys van geslagsgelykheid.
Suid-Afrika presteer veral ten opsigte van politiek en gesondheid, waar vroue op gelyke voet met mans staan. Suid-Afrikaanse vroue is eintlik algeheel gesonder as mans volgens die WEF se maatstawwe. Dit plaas Suid-Afrika in dié kategorie op ’n gedeelde eerste plek saam met 39 ander lande.
Die vooruitgang in gelyke politieke verteenwoordiging in Suid-Afrika is ’n unieke voorsprong teenoor die res van die wêreld en veral met die ontwikkelde wêreld waar vroue baie minder polities bemagtig is as elders. In Westerse lande is daar nog ’n 41%-kloof tussen die verteenwoordiging van vroue en mans in parlemente, terwyl ontwikkelende lande in die algemeen baie beter vaar in dié subindeks.
Suid-Afrika sukkel egter nog wat ekonomiese geleenthede en opvoeding betref. Sedert 2017 het die land wel meer vroueverteenwoordigers in die politiek gekry, maar die verskille in vergoeding het toegeneem.
Volgens Jatfors kan Suid-Afrika se gelykheidsuitdagings in opvoeding en ekonomiese geleenthede baat vind by beleid oor gelyke vergoeding en die ontwikkeling van infrastruktuur wat werkende ouers ondersteun. Sedert verlede jaar was daar “minimale vooruitgang” ten opsigte van ekonomiese deelname en geleenthede wêreldwyd.
Die verslag wys daarop dat slegs 34% van alle bestuursposte internasionaal deur vroue gevul word, wat bydra tot die meer as 63%-salarisverskil tussen mans en vroue.
Ysland het vir die tiende jaar agtereenvolgens sy posisie as nommer een op die ranglys behou. Met sy vrouepremier het die land veral ten opsigte van politiek sy voorsprong behou. Daar is ook groot openbare steun vir die land se pogings om gelyke vergoeding te bewerkstellig. Die premier het in Oktober self deelgeneem aan betogings ten gunste hiervan.
Die lande wat in 2018 die swakste gevaar het, is hoofsaaklik in die Midde-Ooste en Noord-Afrika.
Kunsmatige intelligensie
Suid-Afrika is saam met Singapoer en Italië die land met die grootste gelykheid in die bedryf vir kunsmatige intelligensie, waar die kloof tussen mans en vroue gemiddeld drie keer groter as in ander bedrywe is.
Vroue beland in dié bedryf hoofsaaklik in ontledings- en inligtingsbestuurposte, terwyl bestuurslui amper eksklusief mans is.
In die drie toppresterende lande in 2018 was 28% van die arbeidsmag in dié bedryf vroue.
“In ’n era waarin menslike vaardighede toenemend komplementêr tot tegnologie is, kan die wêreld nie bekostig om in sektore waar talent reeds skaars is, vroue se talent verlore te laat gaan nie,” sê Klaus Schwab, stigter en uitvoerende voorsitter van die WEF.
– Bloomberg, verwerk/Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie