Vroue het ook grondregte
Maria Eiseb
Die Goethe-Institut in die hoofstad se ouditorium was Maandag tydens die bekendstelling van die fliek A Land of Women volgepak.
Dié fliek is deur die Vroueaksie vir Ontwikkeling (WAD) met die ondersteuning van die Konrad Adenauer-stigting (KAS) moontlik gemaak.
Mnr. Thomas Keller, wat KAS verteenwoordig het, het by die geleentheid gesê die stigting ondersteun vroue se politieke en menseregte en dat vroue 'n kritieke rol in veral die landbousektor speel.
GELYKE REGTE
Me. Priscilla Boois, adjunkminister van grondhervorming, het by dieselfde geleentheid gesê elke Namibiër het gelyke regte wat grondbesit betref, en dit geld vir vroue ook.
Volgens Boois is die grondkwessie 'n gereelde besprekingspunt onder Namibiërs.
Studente wat die bekendstelling bygewoon het, het na afloop van die fliek die geleentheid gehad om vrae te vra.
Mnr. Abraham Vatilifa, 'n student, voel kommunale grond is meer werd as 'n man dit besit.
“Wat sal 'n jong vrou met grond maak? 'n Man sal weet wat om daarmee te maak,” het hy gesê.
Mnr. Absai Kashululu, WAD se opleidingskoördineerder, het in antwoord hierop gesê grondbesit is vir almal - dit is nie beperk tot 'n spesifieke geslag nie.
Enkellopende vroue verdien dieselfde behandeling as enkellopende mans wanneer hulle vir grond aansoek doen, het Kashululu gesê.
Mnr. Damien Mathambayi, 'n lid van die gehoor, het gesê grondtwis word dikwels deur vroue veroorsaak.
Wanneer 'n man tot sterwe kom, is daar dikwels twis tussen sy agtergeblewe vrou en sy vroulike familielede oor eiendom, meen hy.
Die algemene gevoel onder die teenwoordiges was dat vroue nie altyd oor hul regte ingelig is nie.
“Nie baie vroue ken hul regte nie. Dié inligting moet versprei word om meer mense te bereik,” het 'n vrou gesê.
'n Ander lid van die gehoor het beweer kerke is dikwels betrokke by die onwettige beslaglegging op vroue se eiendom.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie