Vroue in donkernag tuis aangeval

Slagoffers landswyd is deur ge­wa­pende rowers geterroriseer.
Drie verdagtes het Saterdag omstreeks 02:00 glo die ketting van 'n sinkhuis langs Monte Christostraat in Havana gebreek en toegang tot die huis verkry waarin 'n 35-jarige vrou geslaap het. Een van die verdagtes het 'n pistool gehad en die ander een 'n panga. Die vrou se arm is oopgesny toe sy haarself probeer verdedig het.

Een van die verdagte het 'n skoot afgevuur om haar bang te maak.

Hulle het 'n selfoon, drie pakkies macaroni, N$70 kontant, een ketel en ses pakkies aanmaakkoeldrank met 'n gesamentlike waarde van N$1 660 gesteel. Na bewering het die twee verdagtes sekuriteitsuniforms aangehad. Niemand is tot dusver in hegtenis geneem nie.

In nog 'n voorval langs Monte Christostraat het twee verdagtes Saterdag omstreeks 04:25 glo die ketting van 'n sinkhuis gebreek en toegang tot 'n 27-jarige vrou se huis verkry. Een van die mans het 'n pistool gehad en die ander een 'n ysterpaal.

Toe die vrou skree, het hulle twee skote afgevuur.

Die mans het N$1 000 kontant, kleingeld en een selfoon ter waarde van N$4 700 gesteel. Niemand is nog in hegtenis geneem nie.

Twee verdagtes het Vrydag omstreeks 14:00 na bewering 'n 21-jarige man voor Ackermans op Outjo met messe gedreig en N$800 kontant gesteel. Die verdagtes is nog nie in hegtenis geneem nie.

Ses mans het Saterdag omstreeks 12:50 in Ongha op die teerpad tussen Ondangwa en Oshikango 'n sedanvoertuig omsingel nadat die bestuurder vir sy passasiers gestop het.

Die mans wat met messe en pangas gewapen was, het die twee passasiers van N$10 600 kontant en drie selfone beroof. Een passasier was 'n 56-jarige man wat glo vroeër by Bank Windhoek se Ondangwa-tak N$10 000 kontant onttrek het. Niemand is tot dusver in hegtenis geneem nie.

Na bewering is 'n 50-jarige Chinese burger Vrydag omstreeks 14:50 by die Sky-winkel in Ongwediva beroof. Hy was besig om produkte af te laai toe drie mans – gewapen met messe – hom aangeval het.

Hulle het die band van sy voertuig stukkend gesteek en met die voertuigsleutels van 'n BMW en 'n Toyota op die vlug geslaan. Die waarde van die sleutels en die band is N$15 000. Niemand is in hegtenis geneem nie.

Vrydag omstreeks 09:00 het 'n 37-jarige man glo nege bokke uit 'n kraal op die plaas Harambe in die Tare-nedersetting in die Kavango-Wesstreek gesteel.

Hy het die bokke na sy huis geneem waar hy in hegtenis geneem is.

Tydens sy inhegtenisname het die polisie hom deursoek en op twee balies dagga afgekom. Die nege bokke ter waarde van N$10 660 is teruggevind.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!