Vroue kan môre skaal laat swaai
Van die 26,7 miljoen kiesers wat geregistreer het om in Suid-Afrika te gaan stem, is 14,7 miljoen vroue en 12 miljoen mans.
Sarel van der Walt - Vroue se stemme kan 'n deurslaggewende faktor in die algemene verkiesing op 8 Mei wees. Byna drie miljoen meer vroue as mans is as kiesers geregistreer, berig Sarel van der Walt oor dié en ander interessante feite oor die komende verkiesing.
Van die 26,7 miljoen kiesers wat hulle geregistreer het om te gaan stem, is 14,7 miljoen vroue en 12 miljoen mans. Dit wil sê vroue maak 55% van die kiesers uit, teenoor die mans se 45%.
Daar is vanjaar 1,3 miljoen kiesers meer as met die vorige algemene verkiesing in 2014.
Volgens statistieke van die Verkiesingskommissie (OVK) is die grootste getal kiesers (5,7 miljoen) wat hoop om op 8 Mei hul kruisie by die sowat 23 000 stempunte landswyd te trek jonger as 30 jaar oud.
Sy Mamabolo, hoofkiesbeampte van die OVK, sê 'n rekordgetal van 48 partye is geregistreer om aan die nasionale verkiesing deel te neem. Dit is 19 meer as in die vorige algemene verkiesing.
PROVINSIALE VERKIESINGS
Vir die nege provinsiale verkiesings het 76 partye hulle geregistreer.
Die 36 partye wat hulle in Gauteng geregistreer het, is die meeste, en die 21 in die Noord-Kaap die minste.
23 partye se aansoeke is afgekeur, onder meer omdat hulle nie betyds hul deposito's betaal het of hul kandidatelyste ingehandig het nie.
Die registrasiegeld om aan eersgenoemde verkiesing deel te neem is R200 000, terwyl die partye wie se name op die provinsiale stembriewe verskyn, ook moet opdok.
Hulle verbeur dié geld aan die staatskas as hulle nie 'n enkele lid tot die Nasionale Vergadering of die provinsiale wetgewers verkies kry nie. Andersins word dit aan hulle terugbetaal.
Met die vorige verkiesing moes elke party sowat 45 000 stemme kry vir 'n setel in die parlement.
Die getal stemme wat vanjaar nodig sal wees, sal afhang van hoeveel kiesers gaan stem.
Die naasgrootste groep kiesers is dié tussen 30 en 39 jaar oud. Dit is 3,52 miljoen vroue en 3,1 miljoen mans.
In die ouderdomsgroep bo 80 jaar het 637 631 mense hulle geregistreer.
In dié kategorie wen die vroue loshande – 459 972 teenoor die 177 659 mans.
Die meeste kiesers is in Gauteng geregistreer.
Pres. Cyril Ramaphosa, die ANC-leier, het in sy veldtog vir die ANC-presidentskap reeds openlik na die vroue-stem gevry en hy doen dit steeds in die aanloop tot die verkiesing.
Mamabolo sê die OVK verwag sowat 80% van die 26,7 miljoen kiesers sal uiteindelik hul kruisies in die nasionale en provinsiale verkiesings gaan trek.
Baie ontleders meen hoe hoër die stempersentasie, hoe beter sal die ANC doen.
GAUTENG-KIESERS
In Gauteng is sowat die helfte van die kiesers (3,4 miljoen) jonger as 30 jaar. Dit is veral dié groep op wie Julius Malema se EFF hul oog het.
Meer as 29 000 mense het hulle geregistreer om op 27 April wêreldwyd by buitelandse missies te stem. Dié stemme word vroeër uitgebring om seker te maak dit is betyds terug in Suid-Afrika om saam met die stemme wat op 8 Mei landswyd uitgebring word, getel te word.
Daar is reeds begin om sowat 50 miljoen stembriewe te druk.
Mamabolo het op 'n mediakonferensie gesê hoewel dit 'n goeie ding vir die demokrasie is dat daar 'n rekordgetal partye aan die verkiesing deelneem, bemoeilik dit die OVK se voorbereidings.
“Daar is nie baie drukperse in die land wat stembriewe met soveel name op kan druk nie. Die groot stembriewe beteken ook dat ons meer houers moet kry waarin die stembriewe geplaas word.”
MEER KIESERS
Mamabolo sê die getal kiesers op die kieserslys het sedert 1999 met 47% toegeneem.
Sowat 1 000 beamptes sal landswyd aan diens wees om tydens die verkiesing enige konflik te besleg. “Dit is belangrik dat ons probleme sou gou moontlik besleg voordat dit handuit ruk,” sê hy.
Behalwe vir die nasionale uitslagsentrum in Pretoria, sal daar soos in die verlede nege provinsiale uitslagsentrums wees van waar die verkiesings in die onderskeie provinsies gekontroleer sal word. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie