Vroue, kinders vlug voor laaste aanval op Isis
Vegters van Isis staan met gewere in die hand en serpe om hul koppe op die grens van die laaste enklawe wat hulle nog in die ooste van Sirië beheer, bereid om tot die dood toe te veg.
’n Aanval op die laaste Isis-gebied word tot dusver deur die Amerikaans ondersteunde Siriese Demokratiese Magte (SDF) teruggehou terwyl duisende mense – veral vroue en kinders van vegters – uit Baghoez stroom.
Op televisiebeelde van Reuters kan gesien word hoe vroue en kinders gehelp word om in voertuie te kom om Baghoez te verlaat.
Die SDF sê dié vegters is die gehardste klomp buitelandse vegters wat wêreldwyd deur hul regerings gesoek word vir oorlogsmisdade en hulle beplan waarskynlik om tot die dood toe te veg.
Gewonde Isis-vegters het Saterdag in ’n lang tou van die Isis-beheerde gebied na die SDF-gebied oorgeloop. Daar was ook vroue in swart geklee en kinders wat sakke en tasse gedra het.
BUITELANDERS
Intussen is daar talle buitelanders wat by Isis aangesluit het wat na hul lande van herkoms wil terugkeer.
Dit het 'n etiese en wetlike dilemma geskep, berig The Washington Post.
Brittanje het geweier om Shamima Begum toe te laat om na die land terug te keer, al was sy op die punt om geboorte te gee aan haar derde kind, nadat haar eerste twee kinders in Sirië dood is.
Begum, wat 15 jaar oud was toe sy by Isis aangesluit het, se baba, wat drie weke gelede in 'n vlugtelingkamp gebore is, is intussen dood.
Die baba, Jarrah, is verlede Donderdag aan longontsteking dood, berig BBC.
Daar is minstens nog twee Britse vroue in kampe wat van hul Britse burgerskap ontneem is, berig The Times. – Netwerk24/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie