Vroue maak hul skerp vir België

Binnenshuise hokkie
Andrew Poolman
Die MTC Namibiese senior vrouehokkiespan is reeds sedert Maandag terug in 'n oefenkamp as deel van die opbou na die sesde Binnenshuise Wêreldbeker wat in Februarie in België voorlê.

Afrigter Erwin Handura en die vrouespan se oefenkamp vanaf 3 tot 12 Januarie by die Windhoek Skouterrein sal hul laaste oefensessies en opwarmwedstryde op tuisbodem wees voordat hulle op 15 Januarie op hul Wes-Europese toer vertrek.

Spankaptein Maggy Mengo en haar vrouespan sal aanvanklik in Utrecht, Nederland, kamp opslaan vir hul akklimatisering, afrondingswerk en opwarmwedstryde teen van dié land se voorste hokkieklubs in die laaste dae voor die Wêreldbeker.

Twee toetswedstryde teen Nederland se nasionale vrouespan sal ook op dieselfde dag (25 Januarie) in Almere gespeel word.

Die huidige kamp in Windhoek sluit vir vandeesweek daagliks twee oefensessies (soggens en saans) van twee ure elk in. Oefenwedstryde sal ook in volgende week gespeel word.

Gedurende middel Desember het afrigter Erwin Handura se vrouespan ook 'n driedaagse oefenkamp by The Dome in Swakopmund gehad. Die kamp het as 'n geleentheid vir spanbou gedien, met prettige aktiwiteite wat ingespan is as afwisseling vir die fokus op taktiese spel, spoed en vaardighede. Die span het hierna weer in Windhoek na die oefenveld teruggekeer voor hul blaaskans van twee weke oor die feesseisoen, wat afgelope Maandag ten einde geloop het.

Vir die komende Wêreldbeker in Liège, België vanaf 2 tot 6 Februarie is die Namibiërs gegroepeer om wedstryde teen Suid-Afrika, Oostenryk, Belarus, Nederland en die gasheerspan België te speel.



SUID-AFRIKA

Suid-Afrika se vrouespan vir die Wêreldbeker is ook kort voor Kersfees aangekondig.

Die voormalige Namibiër en oudspeler van Windhoek Hoërskool, Dunell van Taak, is een van twee amptelike plaasvervangers. Die 23-jarige Van Taak, wat tevore die Namibiese span verteenwoordig het, en haar Noordelikes-spanmaat Kirsty Adams hou hulle gereed indien op hul knoppie gedruk word om hul debuut vir Suid-Afrika te maak.

Die SA span word aangevoer deur Jessica O'Connor van die KwaZulu-Natal Raiders, wat met 108 wedstryde vir Suid-Afrika nou verreweg die mees ervare spanlid is en die leier­skap oorneem by Cindy Hack, wat uitgetree het.

FOTO’s
’n Jonger Dunell van Taak in Desember 2015 in aksie toe Namibië vir Suid-Afrika in Durban geklop het. Die Windhoeker het intussen kante geruil en is in die RSA se nasionale oefengroep. Foto Neville Bailey
Lede van die Namibiese vrouespan tydens hul oefenkamp verlede maand op Swakopmund. Foto verskaf

Kommentaar

Republikein 2024-09-27

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Celta Vigo 0 vs 1 Atletico Madrid | Espanyol 1 vs 2 Villarreal | Las Palmas 1 vs 1 Real Betis | Barcelona 1 vs 0 Getafe | Girona 0 vs 0 Rayo Vallecano | Real Madrid 3 vs 2 Deportivo Alaves | Valencia 0 vs 0 Osasuna | Sevilla 2 vs 1 Real Valladolid SerieA: Atalanta 2 vs 3 Como #N/A Currency: GBP to NAD 22.83 | EUR to NAD 19.08 | CNY to NAD 2.44 | USD to NAD 17.1 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.26 | EGP to NAD 0.34 | KES to NAD 0.13 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.64 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.14 | RUB to NAD 0.18 | INR to NAD 0.2 | USD to DZD 131.75 | USD to AOA 940.1 | USD to BWP 13.08 | USD to EGP 48.31 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1666.22 | USD to ZAR 17.1 | USD to ZMW 26.37 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1920.41 Up +0.02% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14449.05 Up +0.55% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 31276.91 Up +0.08% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9653.37 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 649.43/OZ DOWN -0.0087 | Copper US$ 4.56/lb DOWN -0.011 | Zinc US$ 3 089.80/T DOWN -0.37% | Brent Crude Oil US$ 72.29/BBP UP +1.00% | Platinum US$ 1 002.93/OZ DOWN -0.0044 #N/A