Vroue met Lewensvreugde-kongres aangebied
Vroue met Lewensvreugde-kongres aangebied

Vroue met Lewensvreugde-kongres aangebied

Elvira Hattingh
Die Namibiese Vrouevereniging (NVV) hou op Vrydag 11 September ‘n kongres by die NG Kerk Windhoek-Wes Ouditorium, waartydens verskeie inspirerende praatjies aangebied sal word en vroue nuwe vaardighede sal kan aanleer.
Die NVV sluit dit op Saterdag met ‘n Crafting Bee-kursus af, waartydens vroue kreatiewe handwerk kan maak.
Die NVV het in ‘n persverklaring gesê dit is baie opgewonde oor al die sprekers asook die besoekers van die Suid-Afrikaanse Vroue Landbou-unie (SAVLU). Hermien Coetzee sal besoekers met sang vermaak terwyl Chrisna Beuke-Muir ‘n voordrag sal lewer. Dit word nog geheim gehou wie die openingspreker gaan wees.
Namib Meulens borg die Bakpro -kompetisie, waarin lede ‘n verbruinde botterpiesangkoek met gesoute donkersjokolade-ganaché moet voorberei. Die beoordelaars vir die kompetisie is Andrew Muller en Alida Botha. Die vroue sal ook kaartjieborduurwerk doen en die beoordelaars is Alida Botha, Charlotte Keyter en Joey Dreyer.
Antoinette De Chavonnes Vrugt, skrywer van die kookboek My hungry heart – Notes from a Namibian kitchen gaan besoekers meer oor haar boek vertel, ‘n kookdemonstrasie aanbied en ook ‘n ligte middagete voorberei.
Tee en verversings sal deur die NVV se vier streke (Akwamaryn, Toermalyn, Saffier en Ametis) verskaf word. ‘n Uitstalling oor die Boom van die Jaar (die tambotie of Spirostachys Africana) word ook gehou.
Die Crafting Bee-kursus word ter afsluiting van die kongres op Saterdag aangebied en sal in die Eros NG Kerksaal van 08:00 tot 13:00 aangebied word. Altesaam vier sessies van 55 minute elk sal aangebied word. Dit kos N$150 per persoon vir die kursus en sluit toerusting in. Maksimum tien deelnemers sal per sessie toegelaat word. Die demonstrasies sluit onder meer masjienappliek, kwiltwerk, laslapwerk en Rick Rack-borduur in.
Pannekoek, sap, koffie en tee word te koop aangebied.
Belangstellendes kan die volgende meer vir meer inligting kontak: Magda Rall (081 128 3992), Izabé Muller Heyns (NVV-sekretaresse, 081 129 1710) en Marina Muller (NVV-kongrespresident, 081 281 1751).

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!