Vroue oefen om Pent-titel te behou
Netbal
Netbal Namibië het gister sy oefengroep aangekondig waaruit die senior nasionale span, die Desert Jewels, asook ’n skaduspan gekies sal word vir die 2019-weergawe van die Debmarine Pent-reeks wat van 7 tot 12 Mei in Windhoek plaasvind.
Uitnodigings is na Zambië, Zimbabwe, Botswana en Malawi gestuur om met hul nasionale spanne mee te ding.
Verlede jaar se toernooi is vir die eerste keer deur Namibië se span onder afrigterskap van Manuel Tjivera gewen, wat op die laaste dag vir Zambië met 54-43 verslaan het. Die spankaptein Anna Kaspar het weggestap as die voorste doelskieter in die toernooi.
Die vorige jaar se geskiedkundige eerste Pent-toernooi is deur Zimbabwe beklink.
Twee spelers is opgeroep wat hul netbal in Suid-Afrika speel, naamlik Vendjihonga Katjaimo en Juambuaije (Bytjie) Zauana wat beide in die Wes-Kaap studeer.
Uit die Khomasstreek is die meerderheid spelers afkomstig, naamlik Imbeleni Frans, Melissa Nels, Cheryl Muesee, Diana Tjejamba, Louise Kauhesua, Selma Bittler, Uehengisa Tjozongoro, Viyanda Kamberipa, Pupe Kandovazu, Eve Hamwaalwa, Tjimbakavaza, Tjibakavaza, Dorkas Tjipetekera, Emmy Katuko, Anna Shipanga, Cathelene Tjihero, Iiilyn Pura, Francina Johannes, Chaa Kavari, Jessica Kuzatjike, Maria Kashipolo, Teveni Shirleen, Globine Mayova en Jatjinda Tjihero.
Die Erongostreek word deur Anna Kaspar, Joanitha Kauure en Evariza Haufiku verteenwoordig, terwyl Uzuvira Uatjiua, Jessica Nandova, Rose Kotjapati en Ghola Uaongora uit Otjozondjupa genooi is.
Een speler elk is opgeroep uit Oshikoto (Lynette Kazosi), Omaheke (Kaviao Marenga), Kavango-Oos (Selma Shikikumwa) en Omusati (Diana George).
Globine Mayova is eintlik as ’n naelloper bekend en hou die nasionale rekords in die 100 en 200 meter (11.38 en 23.34) wat beide in 2013 opgestel is.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie