Vroue ondersteun vroue
Vroue ondersteun vroue

Vroue ondersteun vroue

Tanja Bause
Me. Eunice Iipinge (links), uitvoerende direkteur van die Pan-African Women’s Organization se kantoor vir die suidelike Afrika-streek (Pawo-Saro), het ’n skenking van N$10 000 aan die ambassadeur van Zimbabwe, me. Rofina Chikava, oorhandig. Die geld is ter ondersteuning van die slagoffers van die sikloon Idai in die Manicaland-provinsie in Zimbabwe. Pawo-Saro sal eersdaags dieselfde bedrag aan Malawi en Mosambiek oorhandig. “Dit is nie ’n groot bedrag nie, maar ons gee dit uit ons hart. Ons is ’n vroue-organisasie en ons het gesien hoe swaar die vroue en kinders ná die sikloon kry. Ons wil help,” het Iipinge gesê.

Kommentaar

Republikein 2025-03-31

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer