Vroue op ysterperde vat die langpad
’n Groep Namibiese vrouemotorfietsryers neem tans aan ’n opwindende toer deel om ’n Guinness-wêreldrekord op te stel.
Francoise Steynberg - Namibiese vroue het gister die langpad op hul blink ysterperde gevat om aan ’n internasionale motorfietstoer deel te neem.
Tydens die Women Riders World Relay (WRWR) vergesel ’n spesiale aflosstok die meer as 80 lande se geregistreerde vroueryers om bewustheid van vroue in motorsport te skep.
Hulle wil ook ’n Guinness-wêreldrekord met die toer opstel.
Altesaam 19 Namibiese vroue en hul passasiers het gister op 31 motorfietse in die hoofstad weggespring om die aflosstok vandag op Upington by Suid-Afrika se motorfietsryers te gaan haal.
Saam met die Namibiërs is vier vroulike ryers van Suid-Afrika, een van Brittanje en een van Kanada, wat die hele roete deur Afrika gaan meemaak.
Dit bring die totale getal vroulike ryers op 25 te staan.
Twaalf metgeselle, meestal mans, vergesel hulle.
“Daarna ry ons terug na Keetmanshoop, dan die asemrowende roete na Oranjemund en terug Windhoek toe. Dan vertrek ons Buitepos toe waar motorfietsryers van Botswana op Maandag 13 Januarie die aflosstok by ons kom haal,” het adv. Beatrix de Jager, die ambassadeur van die amptelike Namibiese roete van die WRWR, gister gesê.
“Namibië is die 74ste land waar die motorfietstoer sal plaasvind. Ons sal altesaam sowat 3 200 km ry, waarvan 1 924 km met die stok is. Die aflosstok is soos ’n perkamentrol waarop alle vroue wat aan die toer deelneem, se handtekeninge verewig is,” verduidelik De Jager.
Van Botswana af gaan die aflosstok na Zimbabwe, Mosambiek, Malawi, Tanzanië, en Kenia. Van daar af sal dit na Oman verskeep word. Die WRWR eindig in die Verenigde Arabiese Emirate (VAE). Aan die einde van die toer sal 101 000 km afgelê wees.
De Jager vertel opgewonde hoeveel wonderlike mense sy deur motorfietsry ontmoet het en vriendskappe gesmee het.
“Motorfietsry gee jou ’n gevoel van absolute vryheid."
Sy sê die WRWR is in Augustus 2018 deur Hayley Bell van Skotland gestig om vroue vanoor die wêreld te verenig wat versot is op motorfietse.
Die aflosroete het op 27 Februarie verlede jaar by John ‘o Groats in Skotland afgeskop en is geskeduleer om in die VAE te eindig.
Lees meer by www.womenridersworldrelay.com of op die Facebook-blad “Women Riders World Relay” en volg die Namibiërs op hul Facebook-blad "WRWR Offical Routes Namibia".
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie