Vroue sien rooi oor Fitbit-fout
Petrus Malherbe – ’n Fitbit-funksie waarmee vroue hul maandstonde kan naspoor, loop deur onder heftige kritiek.
Die Fitbit-fiksheidsbandjie se meegaande app laat vroue toe om hul siklus op ’n kalender aan te dui, maar net vir tien dae per maand.
Enige vrou wie se maandstonde langer as tien dae duur, kan dit nie so op die app aanteken nie.
“Hoewel ek dankbaar is dat ek my siklus en simptome kan aanteken, is dit frustrerend dat ek dit nie vir langer as tien dae kan doen nie,” het een vrou op FitBit se webwerf laat hoor.
“Sommige vroue het om verskeie redes ’n maandstonde van langer as tien dae. Ek sal bly wees as ek my siklus kan aanteken sonder om ingeperk te word.”
In reaksie het Fitbit aan die BBC erken dat vroue se maandstonde “minder as 11 dae moet duur” om die app te gebruik.
Nog ’n vrou het op Twitter gesê dit is wat gebeur as mans ’n funksie vir vroue ontwerp.
Fitbit sê die funksie is veronderstel om vroue te help om te weet wanneer hulle volgende siklus begin. Dit sal ook paartjies help wat probeer swanger word deur aan te dui wanneer ’n vrou op haar vrugbaarste is.
Die maatskappy het nog nie amptelik op die klagtes gereageer of aangedui of die beperking van tien dae verander gaan word nie. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie