Vroue spog met Afrika-trofee
Hokkie
Die MTC Namibiese senior binnenshuise vrouehokkiespan het gister saam met hul hoofafrigter, Erwin Handura, by Standard Bank se hoofkantoor in Kleine Kuppe as pas gekroonde Afrika-kampioen met hul wentrofee gaan spog. Standard Bank het ’n belangrike rol met hul borgskap in die vroue se voorbereiding en toer na Durban gespeel, waar kaptein Maggy Mengo (regs) en haar vrouespan die Suid-Afrikaanse Proteas in die eindstryd met 2-1 geskok het. In die middel staan Sunelle Ludwig met die trofee. Links van haar is me. Mercia Geises, nuwe hoofbeampte van Standard Bank en regs van Ludwig is mnr. Vetumbuavi Mungunda, uittredende hoofbeampte. Foto Tielman van Lill
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie