Vroue uit Suider-Afrika hou in Windhoek kongres
Vroue uit Suider-Afrika hou in Windhoek kongres

Vroue uit Suider-Afrika hou in Windhoek kongres

Die Suid-Afrikaanse Vrouelandbou-unie (Savlu) het ná 21 jaar weer onlangs sy drie jaarlikse kongres in Namibië gehou.

Sowat 150 vroue uit suidelike Afrika het dié kongras van 23-24 Oktober in Windhoek bygewoon.

Die Savlu is die sambreelunie vir volgende vroue-organisasies: Die Federale Vroue-institute van KwaZulu/Natal, die Namibiese Vrouevereniging, die Noordwes VLU, die VLU van Mpumalanga, die VLU Noord, die VLU Overvaal en die Vrystaat VLU.

Die kongres is bygewoon deur 81 vroue van Suid Afrika en 65 van Namibië onder leiding van die president van die Savlu, me. Tharina Rossel. Daar was ook verskeie gaste teenwoordig.

Tydens die kongres is die minister van gesondheid in Suid Afrika, dr. Pakishe Aaron Motsoaledi en die dié land se kankervereniging is dringend versoek word om navorsing te doen oor die wenslikheid van ’n mastektomie of dubbelmastektomie nadat borskanker by vroue gediagnoseer is teenoor die alternatief van ’n lumpektomie.

Daar is ook beraadslaag oor die gevare van die vloeibare jelbrandstof in die spyseniersingsbedryf wat al so baie noodlottige ongelukke veroorsaak het. Savlu gaan die Suid-Afrikaanse regering versoek om die hierdie vloeibare jelbrandstof te verban.

Daar gaan ook ’n versoek tot die Suid-Afrikaanse regering gerig word om die belasting op toegevoegde waarde op sanitêre doekies, soos in die geval in Indië, op te hef om dit goedkoper vir veral skoolmeisies te maak.

Daar gaan ook ’n versoek tot die Verbruikersunie van Suid-Afrika gerig word om te sorg dat die inligting op produkte duideliker leesbaar is sodat mense bestanddele waarvoor hulle allergies is, makliker kan identifiseer.

Voorts gaan die relevante owerhede versoek word om dringend aandag te skenk aan die aanduiding van lengtes van meer as 22 meter agterop vragmotors sodat motoriste gewaarsku kan wees.

Die vroue is ook bekendgestel aan herwinbare sanitêre doekies sodat hulle moontlik betrokke kan raak by die maak en verspreiding daar van by plattelandse skole en ander instansies soos inrigtings vir gestremdes.

Die gassprekers was prof. Elain Vlok van Clover en dr. Elritia le Roux voorheen predikant van die Hervormde gemeente op Otjiwarongo en tans van Middelburg in Mpupalanga.

Vlok het vertel van die Mamma Africa-projek vir agtergeblewe vroue wie se talente ontwikkel word om tot voordeel van hul gemeenskappe.

Le Roux het gepraat oor die rol en waarde van die vrou binne die kerk en gesin. Die patriagale beskouing binne die kerk kan die vrou van haar menswaardigheid stroop en het ook ‘n invloed op die verhoudings binne die kerk en familie.

Lede van die Namibiese Vrouevereniging het goed presteer in die onderskeie kompetisies wat aangebied is. Mee. Marina Muller (Ken Mekaartak) het ’n eerste prys verower met haar borduurstuk, Mercia Vermeulen (Koëstak) en Magda Rall (Marientaltak) ’n tweede en vierde plek onderskeidelik met hulle masjiengemaakte kleutervoorkote en Gerrie Scholtz (Dra Mekaartak) het ‘n derde plek in die hekelwerkkompetisie verower.

Die VLU Overvaal het meeste punte in alle kompetisies behaal en is in 2021 die gasvrou-organisasie vir die kongres waartydens die Savlu se 90ste bestaansjaar gevier sal word.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!