Vroue vier saam
Vroue het gister op Wêreldvrouedag by die Onafhanklikheidsmuseum in gesellige luim saamgekuier. Hulle het mekaar ondersteun, gemotiveer en raad gegee. Vroue in die leierskapposisies is gevra om meer met vroue op voetsoolvlak te kommunikeer. Beloftes is gemaak dat vrouegroepe wat gekwyn het, weer op die been gebring word om alle vroue in die land te betrek oor die kwessies wat vroue raak. Op die foto (v.l.n.r.): Me. Juliet Kavetuna, adjunkminister in die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste, me. Mildred Jantjies, uitvoerende direkteur van All Namibian Women's Federation (ANWF) en me. Alma Mieze. FOTO MARIA EISEB
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie