Vroue wat bestuur sal oliebedryf inspuiting gee
Saoedi-Arabië het belowe hy sal beslissend optree om oliepryse onder beheer te hou, met die belofte dat soveel as 1 miljoen ekstra vate olie per dag op pad is na die oliemarkte.
“Ons sal doen wat ook al nodig is om die mark in balans te hou,” het Khalid Al-Falih, minister van energie van Saoedi-Arabië, die naweek aan verslaggewers gesê tydens die Organisasie van Petroleumuitvoerlande (Opul) se vergadering in Wene, Oostenryk.
Alle oë is Maandag op die oliemark om te sien hoe oliepryse gaan reageer op die jongste ooreenkoms. Brent-ruoliepryse was Vrydag reeds 3,4% hoër op $75,55 per vat.
Intussen mag vroue in Saoedi-Arabië van Sondag af uiteindelik amptelik bestuur en Al-Falih meen dit sal die petroleumbedryf ’n hupstoot gee danksy die verwagte toename in vraag na brandstof.
Saoedi-Arabië is die laaste land ter wêreld wat die verbod op vroue om te mag bestuur opgehef het.
Produksieverhogings is 'n sensitiewe kwessie vir veral sommige lede van die Organisasie van Petroleumuitvoerlande want dit kan die olieprys laat daal, wat dan beteken hul begrotings klop nie. Hierdie grafiek dui aan op watter vlak die olieprys in teorie moet wees as individuele lande hul staatsbegrotings wil laat klop.
Die opheffing van die verbod kan die land se ekonomie teen 2030 met soveel as $90 miljard laat groei, volgens Bloomberg Economics. Dit is gelykstaande daaraan om sowat 5% van die staatsoliemaatskappy Saudi Aramco te verkoop.
Bloomberg Economics sê die opheffing van die verbod op vrouebestuurders sal beteken meer vroue sal in die werkplek opgeneem word, wat produksie en inkomste sal verhoog. Al-Falih sê daar sal ook meer voertuie op die paaie wees. Vroue sal meer bemagtig en mobiel wees en oor tyd meer aan die arbeidsmark deelneem en die sekondêre effek is dat die vraag na brandstof waarskynlik sal styg, sê hy.
Opul het die naweek ’n ooreenkoms met ander olieproduserende lande soos Rusland beklink om produksie te verhoog, maar Opul-lede soos Iran en Venezuela is sterk teen die ooreenkoms gekant.
Saoedi-Arabië is die enigste Opul-lid wat ekstra vermoë het om wel produksie te verhoog, terwyl Iran en Venezuela nie wil hê een Opul-lid moet ’n ander lid se markaandeel van hom af wegrokkel nie.
Al-Falih se versekering dat daar genoeg olie sal wees volg op druk van Amerika en ander groot olie-invoerlande.
Die ooreenkoms beloof dat produksie met 1 miljoen vate per dag verhoog sal word, maar verskeie lidlande kan nie hul kwota van die verhoogde produksie vul nie, so die werklike verhoging sal tussen 500 000 en 800 000 vate per dag wees.
Saterdag is ’n aangepaste weergawe van die ooreenkoms uitgereik wat die deel uitlaat dat die ekstra 1 miljoen vate proporsioneel onder Opul-lidlande verdeel sal word. Dit beteken die agterdeur is oop om maniere te vind om die volle volume olie te laat vloei, het Al-Falih verduidelik.
Rusland se verteenwoordiger by die Opul-vergadering het gesê Rusland sal soveel as 200 000 vate per dag ekstra kan lewer om tot die ooreenkoms by te dra.
Saudi Aramco het reeds sy produksie verhoog in afwagting op die naweek se ooreenkoms. Petro-Logistics, ’n Switserse firma wat die bewegings van olietenkskepe dophou, sê ook die ekstra olieproduksie “is reeds op die water”. – Bloomberg/Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie