Vroue wen reeks teen Zambië
Jivanka Kruger (foto) is as speler van die reeks aangewys ná die Namibiese vrouehokkiespan se drie wedstryd teen Zambië oor die langnaweek in Windhoek. Haar landgenoot Kiana-Ché Cormack was die voorste doelskieter met ses treffers in die wedstryde wat Namibië onderskeidelik met tellings van 5-1, 3-1 en 6-1 gewen het. Afrigter Erwin Handura se vroue berei voor om binnekort ’n Olimpiese kwalifiserende toernooi in Spanje te gaan speel. Foto Andrew Poolman
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie