Vrouebemagtiging agterweu00eb gelaat
Vrouebemagtiging agterweu00eb gelaat

Vrouebemagtiging agterweë gelaat

Jemima Beukes
Jemima Beukes



Die oud-LP en geslagsaktivis, me. Rosa Namises, sê hoewel sy aangenaam verras is deur die ontluiking van jong vroulike politici, blyk dit hulle is nie goed genoeg voorbereid om vroueregte in die Nasionale Vergadering (NV) voort te dryf nie.

Dit is ondanks Namibië se pogings om 'n leidende rol te speel om geslagsgelykheid in die parlement teweeg te bring waar bykans die helfte van die lede vroue is.

Namises, wat weens haar vurige rol in vrouebemagtiging “Rosa Luxemburg van Namibië” gedoop is, sê meer moet gedoen word om vroue te mentor om hulle en ander te bemagtig.

“Vroue tree inderdaad na vore, maar ek het nie gesien dat hulle praat oor kwessies wat vroue raak nie. Ek dink hulle benodig 'n sterk agtergrond in burgerlike organisasies en mobilisering, wat hulle in staat sal stel om hul stemme dik te maak en die kwessies te takel wat vroue raak.”



SEKSUELE OPVOEDING

Namises het kommer uitgespreek dat me. Netumbo Nandi-Ndaitwah, die adjunkpremier en minister van internasionale betrekkinge en samewerking, onlangs teen aborsie en seksuele opvoeding kapsie gemaak het.

Nandi-Ndaitwah het onlangs in 'n brief aan die ministerie van onderwys, kuns en kultuur opdrag gegee dat Namibië sy program oor omvattende seksuele opvoeding (CSE) in skole sal staak.

“Die ministerie is bewus van die omstredenheid rondom CSE oraloor in die wêreld en die skakel daartussen en die universele bevordering van aborsie, die veldtog om homoseksualiteit te wettig en die seksualisering van kinders.”

Die politieke ontleder dr. Henning Melber sê Namibië bly 'n patriargale samelewing en dat toksiese manlikheid nie tot mans beperk is nie. “Sulke beskouings deur vroue in invloedryke posisies is geen uit­sondering nie.”

– [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!