Vroueboere vat voor met kleinvee
Anette Steyn en Julene Meyer het klaargespeel met alle vooroordele oor vroueboere. Vryskutjoernalis Albé Snyman, hul grootword-maat, gesels hier met hulle.
Lank voor sonop is daar al lewe in Anette Steyn (45) se huis op die plaas Goreis 60 km noord van Koës. Terwyl sy in haar tuisgimnasium besig is om te oefen hardloop haar kop reeds deur die dag wat voorlê.
Met ‘n diverse boerdery op twee plase, vier stoeterye en betrokkenheid by vele organisasies, kan sy nie anders nie as om fyn te beplan nie. Op Barbarossa, 40 km van Goreis af soos die kraai vlieg, is Julene Meyer (39) ook voordag al aan die gang – haar boerdery en betrokkenheid in die landboubedryf en boonop hulpafrigter van die Noordwes-netbalspanne, verg ewe goeie beplanning en tydsbestuur. Beide hierdie vroue, wat grootgeword op genoemde plase in die Suide, het reeds as boere en belangrike rolspelers hul merk gemaak in Namibiese landbou. Albei het hul laerskoolloopbane aan die Chris Lötter Laerskool op Koës voltooi.
Anette het nadat sy aan die Sekondêre Skool PK de Villiers gematrikuleer het, haar nasionale diploma in diereproduksie aan die destydse Pretoria Technikon (nou Tshwane University of Technology) behaal. Sy het ook verskeie nagraadse kursusses in dieregesondheid, verkope en bemarking, dierebeoordeling voltooi en is ‘n geregistreerde kunsmatige insemineerder.
Op die plaas Goreis het haar pa, Kola Steyn, reeds ‘n gevestigde Boerbok en -Dorperstoet asook ‘n Afrikanerstoet bedryf. Die Steyns boer sedert 1928 op die plaas en “oom Kola” is in 1937 op einste dié plaas gebore.
Anette het by hom aangesluit en vanaf 1994 boer hulle saam. Sy het stelselmatig die bestuur van die boerdery oorgeneem, terwyl oom Kola op tagtig steeds baie betrokke is. Saam bedryf hul tans stoetkuddes van Dorper, Witdorper, Van Rooy en Boerbokke en boer steeds groot met Swakara. Die Hoogvertoon Boerderytrust is die tuiste van die oudste Boerbokstoet in die land. “Ek kan my nie my lewe sonder boerdery voorstel nie, en ek is bevoorreg om steeds te leer by van die beste”, sê sy. Oom Kola het kaste vol sertifikate, medaljes en trofees wat hy by skoukampioenskappe in Windhoek en Suid-Afrika verower het.
Wye ervaring
In die tydperk van twaalf en ‘n half jaar wat sy as verteenwoordiger en areabestuurder vir Virbac gewerk het, het sy uitgebreide ondervinding opgedoen in dieregesondheid en dieremedisyne. Sy het ook waardevolle lesse geleer in belangrike lewensvaardighede soos besigheidsbestuur, tydsbestuur en menseverhoudinge. Sy het ook vir drie jaar as aanbieder van die landbouprogramme op Kanaal 7 gewerk en het in hierdie tyd geweldig baie geleer oor ‘n groot verskeidenheid van boerderyaspekte deur middel van onderhoude met kundiges en ervare boere. Anette is onlangs verkies as ‘n direkteur op die direksie van Agra Beperk en sien uit om ook hier waardevolle insette te maak en baie te leer. “Met al die aspekte van hierdie besigheid en die besluite wat geneem word, het ek omtrent die eerste direksievergadering se dokumente soos ‘n storieboek verslind,” vertel sy.
Vanjaar jaar is die 41ste jaar wat die Steyns die Hoogvertoon-produksieveiling op die plaas aanbied. Dit geskied twee keer per jaar. Hulle diversifiseer juis om vir hul kliënte ‘n pakket te kan aanbied. Anette beskou stoetboerdery as ‘n leefwyse. Sê sy: “As jy eers ‘n stoetboer is, sal jy nie sommer weer tevrede wees om net ‘n kuddeboer te wees nie. Dit verg spesiale karakter en insette om ‘n stoetboer te wees. Dis harde werk; dis ‘n groot verantwoordelikheid met beplanning, rekordhouding, roetine en dissipline wat onontbeerlik is vir sukses. Dit is ‘n duur, maar lekker stokperdjie. Dit moet finansieël sin maak, al is die bevrediging nie noodwendig in rand en sent nie”, sê sy en voeg by: “Daar is min dinge so lekker as om ‘n nuwe ram in die kudde te bring, of ‘n geselekteerde ram uit jou eie kudde by die ooie te sit en die resultate daarvan in die nageslag te sien.”
Anette beskou deelname aan landbouskoue as ‘n baie belangrike deel van stoetboerdery. Dit is ‘n baie belangrike en waardevolle platform om te meet, te leer en te deel in inligting en ervaring. Oom Kola het vir ongeveer 40 jaar geskou, meestal by Windhoek Skou. Deesdae is die Stamprietskou ‘n belangrike geleentheid wat kleinveekampioenskappe aanbied en waaraan die Steyns deelneem. “’n Mens leer baie, maar jy moenie net kuier langs die skouring nie. Kyk na die diere, plaas hulle na jou oordeel en luister na wat die beoordelaars sê om so ook jou oog op te skerp”, is haar raad aan stoetboere. Daar is ook konstant nuwe neigings in stoetboerdery en om op hoogte te bly met die nuutste neigings is dit belangrik om betrokke te wees by skoue en ander geleenthede wat deur telersgenootskappe gereël word.
Die Steyns het ‘n voerkraal op die plaas wat onontbeerlik is vir die bestuur van hul stoetkuddes, en word hoofsaaklik vir die ramme en speenlammers gebruik. Dit is ook waar ‘n mens deesdae vir oom Kola sal aantref, al is dit sittend in sy stoel ná ‘n heupoperasie, met sy getroue en ook bejaarde Jack Russel-hondjie immer aan sy sy.
Swakara ook ‘n passie
Die Swakaraboerdery is vir Anette absoluut ‘n passie. Die lekkerste van Swakaraboerdery is vir haar die feit dat jy op dag een die resultate van jou teelprogram kan sien. Hierdie vertakking van boerdery help om ‘n boerdery droogtebestand te maak. Alhoewel ‘n boer nie soveel geld kry vir ‘n pels as vir ‘n lam nie, is die risiko, die kostes verbonde aan voer en medisyne en verliese weens vrektes minder as wanneer slaglammers geproduseer word.
Soos met alle kleinveeprodusente sluit hul grootste uitdagings die droogtes en roofdiere in. Die huidige langdurige droogte wil-wil aan Anette se gemoed en moed karring. Dis nie moontlik om nou in infrastruktuur te belê nie; die voer van diere sluk die beskikbare kapitaal in; kuddes moet verklein word tot slegs kernkuddes en weidingsbestuurbeginsels kan nie soos altyd toegepas word nie. Sy is gefrustreerd omdat sy basies met krisisbestuur en bestuur vir oorlewing besig is. Anette weet egter dat sy sal oorleef – dit wat sy geleer het in haar tyd as boer, by Virbac en Kanaal 7, haar geloof en haar vasberadenheid, dra haar deur tye soos hierdie.
Sy het geleer dat daar baie planne is, maar dat slegs die noukeurige en doeltreffende toepassing van hierdie planne dit waarde gee. Sy het onder andere die waarde van kruipvoer geleer deur die konsep te bestudeer, dit te verfyn vir haar boerderyomstandighede, dit toe te pas en noukeurig rekord te hou. Van die waardevolste lesse wat sy by pionierboere soos John Campbell geleer het, is om wys te wees met jou finansies al gaan dit goed, en om te sny op uitgawes en luukshede as dit moeilik gaan.
Die gebruik van konsultante is vir Anette baie belangrik omdat die onafhanklike opinies van kundiges as rigtingaanwysers dien. Sy maak gebruik van die dienste van konsultante om haar te help met die keuring en klassifikasie van haar stoetdiere en groepering van ramme en ooie. Daarbenewens is dit ook baie belangrik om gebruik te maak van hedendaagse tegnologie wat beskikbaar is vir boerdery. Die sosiale media is ‘n belangrike middel wat Anette en haar ouers gebruik en sy neem graag medeboere saam op haar reis op hul Hoogvertoon Faceboek-blad. Sy voel dat dit jou ondersteuningsnetwerk soveel wyer maak en dat elkeen ook daardeur kan bydra om mekaar in te lig, ervarings te deel en moed in te praat.
Wat hul arbeidsmag betref is hulle baie gelukkig deurdat hul een familie het wat al vir meer as 80 jaar op Goreis saam met die Steyns boer – “‘n verhaal op sy eie”, volgens Anette. Sy glo wedersydse respek en vertroue is die belangrikste aspekte van goeie arbeidsverhoudinge. Deur jou werknemers verantwoordelikhede te gee en deel te maak van jou boerdery en hul toe te laat om hul eie boerderye te bedryf op die plaas, kweek jy lojaliteit en leer jou mense om eienaarskap te neem.
Anette tree ook dikwels op as motiveringspreker. Tydens haar motiveringspraatjies moedig sy graag vroue aan om betrokke te wees by hul mans se boerderye en te sorg dat hul weet wat aangaan.
Hoe behou sy balans en geestesgesondheid ten spyte van die uitdagings en hewige pas wat sy moet volhou? Raad wat Anette vanuit haar eie lewenservaring gee: “‘n Mens moet jou boerdery geniet, dit moet vir jou mooi en lekker wees. Jy kan nie met goed boer waarvan jy nie hou nie. Boer met wat in jou omgewing aangepas is en wat by jou smaak, jou lewensstyl en boerderystyl. Jy moet finansieël suksesvol wees, maar jy moet dit kan geniet. Jy is verantwoordelik vir jou eie geluk. Maak tyd vir ontspanning en leef jou kreatiwiteit deur middel van stokperdjies uit en leer om pret te hê.” Anette is self ‘n baie kreatiewe mens, ‘n bedrewe bakster en haar versierde koeke is behoorlik te mooi om te eet. Sy is lief daarvoor om te onthaal. Sy het ‘n pragtige stem en trakteer gereeld gaste by funksies met haar sang. Dis vir haar baie lekker om, noudat sy nie meer die verantwoordelikhede van haar addisionele beroepe het nie, haar stokperdjies te beoefen en ten minste ‘n uur elke dag haar sang te oefen.
Julene, ‘n raakvatter soos min
Julene Meyer se pad het ook wyd gaan draai - by die London School of Business, waar sy nagraads studeer het en haar toegerus het met ‘n CIMA (Chartered International Management Accountant)-kwalifikasie aanvullend tot haar BCom-graad in bestuursrekeningkunde wat sy in 2002 aan die Universiteit van Stellenbosch behaal het. Daarna het sy ook nog haar onderwysdiploma deur Unisagedoen en toe haar jonger broer, Elmar, toerisme by die Kaapstadse Universiteit van Tegnologie gaan studeer het, het Julene sommer saam met hom ook haar diploma in toerisme voltooi. Sy was ‘n lektor by die Seoul Nasionale Universiteit in Suid-Korea en hoof van sport en kultuur by Bridge House en St. Cyprians in Suid-Afrika voordat haar lewenspad haar teruggebring het na Namibië, Barbarossa toe en haar boerdery toe.
Nou stap Julene al vir sewe jaar op die spore van haar pa, Truter Meyer, na wie se afsterwe in 2009 sy die mede-eienaar van Meyer Boerdery geword het. Intussen is sy fluks besig om haar eie, diep spore in die landbouwêreld te laat.
Julene se pa was ‘n voortreflike Swakara-produsent met ‘n groentetuin wat ‘n groot deel van die plaaslike gemeenskap van vars produkte voorsien het en ‘n rak vol toekennings vir sy prestasies as produsent. In 2010 reeds was Julene die top Namibiese produsent met 387 Swakara-pelse wat ‘n gemiddelde prys van N$547,74 per pels by die internasionale pelsveiling in Kopenhagen, Denemarke, behaal het. Sy het JM Swakarastoet begin en verskaf top vroulike genetiese materiaal aan die bedryf.
Julene was reeds van die begin van haar loopbaan as boer betrokke in georganiseerde landbou: sy dien sedert 2009 op die Swakararaad en die raad van die Swakara-telergenootskap. Van 2014 tot 2016 was sy die voorsitter van die Swakararaad se finansiële risiko- en ouditkomitee en sedert 2017 is sy voorsitter van die Swakararaad en tans ook voorsitter van die Swakara-telersgenootskap. Sy is ook betrokke as leier by die Vleisraad in haar posisie as voorsitter van die finansiële risiko- en ouditkomitee. Plaaslik het sy ook vir vyf jaar as voorsitter voorgevat by die Koës Boerevereniging.
Sy reis gereeld internasionaal om markte vir Swakara te ontgin en het al verskeie pelsskoue en pelsveilings bygewoon.
Net soos Anette, is Julene ‘n georganiseerde boer wat rekordhouding en aandag aan die fynste besonderhede uiters belangrik ag. Julene is net so lief vir onthaal en kuier saam met vriende. Dit is nou as sy ‘n slag by die huis is, want haar verantwoordelikhede neem haar dikwels weg van die plaas af. Daarom is haar betroubare werksmag en die goeie arbeidsverhoudinge vir haar net so belangrik. Net soos Anette, sê sy ook: “Om te boer in Afrika is nie ‘n grap nie; daar is baie hartseer en sorge, maar fokus op die positiewe, sien die wonder en die mooi in alles raak, kyk na jouself, vier jou suksesse en besluit daadwerklik om gelukkig te wees. Dis al hoe jy gaan oorleef!

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie