Vrouekeur: Sterkos deur Marlo Carstens
Met wie wil Dawie Roodt om ’n tafel kuier?
Wat is Rocco de Villiers se trooskos? Waarmee bederf Sonja Herholdt haarself?
Vrouekeur Sterkos – Kook saam met die sterre vertel meer oor gewilde Suid-Afrikaanse bekendes se kosfiemies en koslekkertes en ’n ieder en ’n elk van hulle deel hul gunstelingresep. Die boek volg op die suksesvolle kosrubriek Sterkos in Vrouekeur en al die resepte is deur kosredakteur en -stilis Marlo Kitshoff-Carstens beproef. Probeer resepte soos Die Heuwels Fantasties se 'Pierre Greeff se perfekte braaibroodjie', Tobie Cronjé se glutenvrye koek en Karlien van Jaarsveld se treffertunatert. Daar’s ’n mengsel van soet en sout, eenvoudig en dekadent. Met dié resepte sal jy ook ’n ster in die kombuis wees.
Kitshoff-Carstens is ma van twee woelige seuns en verstaan die eise van vrou en ma wees. Daarom sal haar resepte enige vrou inspireer – selfs die wat sku is vir kosmaak.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie