Vrouemoordenaar 25 jaar tronk toe
Vrouemoordenaar 25 jaar tronk toe

Vrouemoordenaar 25 jaar tronk toe

Die regter beskryf die moord as een van die ergstes wat sy nóg teëgekom het.
Jana-Mari Smith
Jana-Mari Smith



Hoërhofregter Naomi Shivute beskryf Andries Hermanus ­Johannes Scott se wrede moord op sy vrou, me. Anna Scott, in Augustus 2017 as een van die ergste sake van huishoudelike geweld wat die hof nóg aangehoor het.

“Hierdie daad van geweld is onoortreflik in vergelyking met sake wat al in die verlede deur die hof hanteer is. Dit is moeilik om te glo dat 'n man sy vrou so kan aanrand soos die beskuldigde gedoen het,” het Shivute gesê toe sy die vrouemoordenaar verlede week vir 25 jaar tronk toe gestuur het.

Die slagoffer se bekken en skedel is tydens die aanval verpletter.

Scott (56) is in Augustus 2017 in hegtenis geneem nadat sy vrou se liggaam toegedraai in 'n kombers op 'n matras in hul huis op 'n plaas naby Kalkrand gevind is. Dit was die nadraai van 'n dronk geveg oor Anna se beweerde affairs met ander mans.



MOEILIKE VERHOUDING

Scott het familielede 'n dag nadat die moord plaasgevind het ingelig hy gaan selfdood pleeg, wat tot sy inhegtenisneming en die ontdekking van sy vrou se erg verminkte liggaam gelei het.

Shivute het Scott in Mei vanjaar aan moord skuldig bevind.

Die egpaar was vir 21 jaar getroud, maar getuies het gesê die ­verhouding was deurspek met huishoudelike geweld.

Tydens die verhoor het dr. Andries Petrus Vermeulen in die hof getuig die nadoodse ondersoek van Anna Scott het uitgebreide sagte ­weefsel-trauma bevind, hoofsaaklik in die bekken-area, asook bloeding op die regterkant van haar agterkop en swelling op die brein.

Die oorsaak van haar dood was erge sagte weefseltrauma wat deur 'n stomp voorwerp veroorsaak is.

Hy het aan die hof gesê sulke beserings getuig van krag en ­veelvuldige houe.



'NIE VOORBEDAGTE RADE'

Die moord het tussen 2 en 3 Augustus 2017 op die plaas Houmoed naby Kalk­rand in die Mariental-distrik plaasgevind.

Volgens getuies het die man en vrou kort voor die moord 'n kennis op Kalk­rand besoek en alkohol gedrink.

Die volgende dag toe hy oor sy vrou uitgevra is, het Scott aan 'n getuie vertel “sy lê met 'n hoofpyn”.

Tydens sy getuienis het Scott beweer hy was nie van voorneme om sy vrou te vermoor nie.

Hy het aan die hof vertel hulle het vier kinders, maar een van hulle was nie syne nie.

Hy het beweer sy vrou het voor haar dood aan hom vertel dat sy saam met ander mans geslaap het en glo gesê, “dit is haar liggaam en sy kan daarmee doen wat sy wil”.

Hy het getuig in hierdie stadium het hy woedend geraak en haar gegryp, haar op die vloer gegooi en op haar begin spring.

Hy het haar liggaam op die vloer gelos en beweer sy het steeds gelewe.

Hy beweer hy het die volgende dag langs haar wakker word. “Sy het steeds beweeg en sy het koud gevoel” en dus het hy haar op die matras geplaas en in 'n kombers toegedraai.

Hy het die huis verlaat en met sy ­terugkoms later die dag het hy besef sy haal nie meer asem nie. Hy het nie haar dood aangemeld nie.

Scott het gesê hy het die volgende dag besluit om selfdood te pleeg en sy familie laat weet, wat die polisie ­gekontak het.

Tydens die verhoor het Scott aanvanklik onskuldig gepleit en ontken hy dra enige kennis oor die omstandighede van sy vrou se dood.

Tydens sy getuienis het hy erken hy het sy vrou aangerand, maar ontken hy wou haar met voorbedagte rade vermoor.– [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!