Vrouespan eindig agtste in wêreld
Holger Mentzel en Vikki de Jager - In die laaste paar wedstryddae van die FIRS 2016 wêreldkampioenskap in rolskaatshokkie het die Namibiese senior vroue en junior mans nie meer in aanmerking vir die medaljes gekom nie, maar kon steeds hul posisie op die wêreldranglys verbeter.
Beide spanne het Namibië in die sport op die wêreldkaart gehou – veral die vrouespan wat tot die kwarteindronde deurgedring het. Die junior seuns was 15de.
Die Namibiërs was in verskeie gelykopwedstryde of naelskraapse nederlae betrokke wat die respek van hul internasionale opponente afgedwing het.
Met Namibië se klein spelerspoel en ewige stryd om genoeg borge te vind, was die prestasie indrukwekkend. Al die spelers het ook waardevolle ondervinding opgedoen.
Die Namibiese spanne se uitslae op die laaste speeldae was soos volg:
SENIOR VROUE
• Verloor teen VSA 4-6 – doele deur Didi Foerster (2), Mireille Satorius von Bach en Maike Thiem. Die Namibiërs was rustyd met 4-2 voor, voordat die Amerikaners die krane oopgedraai het.
• Verloor teen Finland 3-4 – doele deur Maike Thiem, Annemarie Kruger en Danielle Dobberstein. Die telling met rustyd was 1-1 en Finland se wendoel is eers in bykomende tyd behaal.
• Verloor teen Italië 4-6 – doele deur Suzelle Pronk (3) en Annemarie Kruger. Die wedstryd was hewig kompeterend en Namibië het verskeie aanvalle op die Italiaanse doelhok van stapel gestuur.
JUNIOR MANS
• Klop Indië met 14-0 – doele deur Ingo Baas (3), Wim van der Plas (2), Olof Diekmann (2), Danilo von Ludwiger (2), Erik Rubbert, Liam Strydom, Miko Finkeldey, Marc Epler en Altus Coetzee. Namibië se doelwagter was Kevin Kreiner.
• Verloor teen Slovenië 2-10 – doele deur spankaptein Altus Coetzee (2), een in elke helfte.
Die Europeërs se verdedigers was baie doeltreffend en hul teenaanvalle het doelwagter Gerrit Pchalek die heeltyd onder druk gehou.
• Verloor teen Mexiko 3-5 – doele deur Altus Coetzee, Wim van der Plas en Ingo Baas.
• Klop Letland 6-4 – doele deur Nico Epler, Marc Epler, Lars Borg, Altus Coetzee, Ingo Baas en Liam Strydom. Laasgenoemde twee se doele het teen die einde binne sekondes van mekaar gekom om in ’n spannende kragmeting die knoop deur te haak.
Die wêreldkampioenskappe van 2016 is soos volg gewen:
Senior vroue: Goud Kanada, silwer VSA, brons Frankryk.
Junior mans: Goud Tsjeggië, silwer Italië, brons Switserland.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie