Vrouetalent dui toekomspad aan
Rugby
Afrigters van vrouerugbyklubs het Trustco United lof toegeswaai vir die afgelope naweek se tienspelertoernooi wat by die Filistyne se veld in Olympia aangebied was.
Wanderers se agterspeler Ida Visagie en voorspelers Astrid van Lill en Mandie van Staden, Unam se spelskepper Euodia Bassingthwaighte (die huidige nasionale seweskaptein) en Kudus se hardwerkende stut Faizal-Lee Tjivava was onder die toonaangewende spelers wat gewys het hoekom hulle reeds op ’n hoër vlak blootgestel is.
Vele ander klubspelers het egter meer ondervinding nodig om hul basiese vaardighede onder druk op te skerp.
Christel (CJ) Kotzé, hoofafrigter van die Woestynrose (Namibië se nasionale senior vrouerugbyspan), sê toernooie soos dié is belangrik en ’n stap in die regte rigting vir die ontwikkeling van vrouerugby, wat stelselmatig in gewildheid toeneem.
“Die mans verbonde aan die premierligaklubs het byval by die sisteem gevind en sluit nou vroue by hul program in. Dis ’n goeie begin vir die 2022-seisoen.
“Ons meisies kry wedstrydoefening en doen ekstra ondervinding op. Dit help die vroue se spel ontwikkel en ek as nasionale afrigter is tevrede met die verloop van sake,” het Kotzé verduidelik.
Sy sê Namibië behoort meer gereeld sulke toernooi aan te bied, wat kan help om die sport onder meisies se aandag te bring. Met meer vroue beskikbaar, vergroot dit die spelersbasis en verbeter die gehalte van die spel. Kotze sê verskeie programme wat by skole van stapel gestuur is, bevorder ook die kode se gewildheid.
“Ons wil graag meer vrouespanne in die land op die been bring en so ook ’n skoleliga vir meisies. Die tienspelertoernooi van die afgelope Vrydag en Saterdag verskaf groot blootstelling en help ons om te sien waar verbeter moet word. Baie dankie aan die Namibië rugby Unie wie vrouerugby deel van hul strategiese planne gemaak het,” het die afrigter gesê.
Kotzé sê baie talent was by die toernooi verteenwoordig en premierligaklubs behoort hul vrouespanne voortdurend te ondersteun. Leslie Bougard, afrigter van Unamvrouerugby, eggo Kotzé se sentiment.
“Die premierligaklubs moet hulle aan skole verbind, want ons beplan ’n o.17-liga vir skole. Dit sal die meisies help groei en ontwikkel met die nodige ondervinding wat hulle sal opdoen.
“Toernooie soos dié sal die algemene idee help begrawe dat vroue nie kan rugby speel nie. Meisies wat van skoolvlak af rugby speel, word later ’n bate vir die nasionale span en vergroot die spelerspoel waaruit die nasionale afrigter ’n span kan saamstel,” het Bougard gesê.
Geraldine Louw, afrigter van Trustco United en gewese nasionale vrouekaptein, sê: “Sulke toernooie sal ons help om behoorlik beheer van die spel te neem. Baie lesse is die afgelope naweek geleer. Ons in pens in pootjies in die spel, maar ons moet meer doen,” het Louw vertel.
Die Wanderers-vroue het Unam in die finaal met 17-0 geklop.
– Nampa
FOTO’s ANDREW POOLMAN
Grootfontein se losskakel, Gabriela Jahs, loop haar vas teen Unam se verdedigers.
Ida Visagie van Wanderers.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie