Vrouevereniging hou kongres
Vanjaar se Namibiese Vrouevereniging-kongres, met die tema “braai (vleis)”, vind vanaf 15 tot 16 September by die NG-gemeente Windhoek-Wes se ouditorium plaas.
’n Vleisdemonstrasie met wildsteak, sosaties en wors sal deel van die openingsaand se braai uitmaak.
Ná ete word vroue deur die kunstenaar Aldo Behrens trakteer.
“Ons projek is ‘waag en wen’! Die Namibiese Vrouevereniging (NVV) se hoofbestuur het die voortou geneem in die skep van ’n ‘calender girls'-almanak vir 2018, met die seën van Engeland se eie ‘calender girls’.
“Ons het gewaag en fotograaf Scott Hurd se foto’s is ’n bewys dat ons gewen het!” skryf die vereniging se Adri Nell.
Die vier streke se wenners gaan gevlegde broodjies bak vir NamibMills se geborgde Bakpro-kompetisie.
Lede gaan deelneem aan die volgende kompetisies: Heuningkoeklekkers, papawersaad-pondbroodjie, droëvrugte- en pekanneut-compote. Die naaldwerkkompetisie behels die maak van ’n braaisak vir manlief se braairooster.
Op dag een gaan daar 'n vasvra wees en die gasspreker, dr. Anja Boshoff-De Witt, gaan praat oor die rooivleisbedryf in Namibië. Saffier- en Toermalynstreek sorg vir tee en verversings vir die twee dae.
Op die tweede dag is die spreker die Suid-Afrikaanse Vrouelandbou-unie se president, Tharina Rössel.
Jaarliks word ’n groot verskeidenheid items ook op die marktafel aangebied.
Indien jy wil aansluit by die NVV, kontak die president, Marina Muller, by 081 281 1751.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie