Vroulike waterblits vinnigste in Afrika
Tanja Bause - Karo van Tonder van Suid-Afrika is tans die vinnigste vroulike spoedseilplankryer in Afrika en dit met geen ervaring van dié sportsoort nie.
Sy het by die Lüderitz Speed Challenge gemiddeld 38,9 knope (72,04 km/h) oor 500 meter gehaal en daarmee ’n nuwe rekord vir vroue-spoedseilplankryers in Afrika en Suid-Afrika opgestel. Dit is ook haar persoonlike beste tyd.
“Ek het in Lüderitz aangekom en het ‘n halwe dag gehad om gewoond te raak aan die kanaal, die spoed, toerusting en om alles te leer. Spoedseilplankry is heeltemal anders as seilplankry, waaraan ek gewoond is. Ek het net drie dae van wind gehad om my beste te doen, so ek het baie druk gehad om so vinnig as moontlik alles te leer en om my kop gereed te kry. Ek het my rekord met my tweede probeerslag op die kanaal opgestel. Dit was 'n angswekkende ervaring om teen so ‘n hoë spoed by so ‘n smal kanaal (sowat 7 m wyd en 30 - 40 cm diep) af te jaag,” het van Tonder gesê.
“Dit is vir my 'n groot prestasie om te bereik, veral omdat ek nog nooit spoedseilplank gery het nie. Ek kon nie glo dat ek byna dieselfde spoed bereik het as van die ander lande se hoogs ervare spoedseilplankryers nie en dit met my minimale ervaring. Ek sal definitief weer volgende jaar deelneem en probeer om my Afrika-rekord te verbeter.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie