Vrugtevlieg in inflasie se salf
Hoewel die algehele inflasiekoers in Namibië in Augustus vir die tweede opeenvolgende maand 5,4% was - die laagste tot dusver vanjaar – het die prysmonster sy kop in voedsel begin uitsteek. Voedselinflasie het van 3,9% in Julie tot 4,2% gestyg, die hoogste sedert April. In Augustus 2016 was die algehele inflasiekoers 6,8%, terwyl voedsel s'n 11,9% was. Vrugte was een van die items in die kosmandjie waaraan die monster die lekkerste gesmul het. Vrugte-inflasie het van 2,6% in Julie tot 6,8% verlede maand gestyg, die hoogste sedert Februarie vanjaar. Foto Nampa/Reuters
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie