Vry ná 13 jaar
'n Man wat meer as 13 jaar in die tronk was weens die moord op 'n tienerseun, is vry ná 'n suksesvolle appèl in die hooggeregshof.
Jacqueline Louw - Die appèlhof het Vrydag Deon Engelbrecht se skuldigbevinding en vonnis vir die moord op die 14-jarige Christo Moshoeshoe ter syde gestel.
Dít op grond daarvan dat hy nie behoorlik oor sy regte tot regsverteenwoordiging ingelig was ná sy inhegtenisneming op 23 Desember 2003 nie.
Die appèlhof het bevind die versuim was 'n skending van sy grondwetlike regte.
Engelbrecht was nie behoorlik ingelig van sy reg om deur 'n prokureur verteenwoordig te word en om regshulp aansoek te doen toe hy 'n verklaring met verdoemende erkennings afgelê het nie.
Appèlregter Sylvester Mainga het bevind dat hierdie verklaring, wat tot sy skuldigbevinding op 'n moordklag gelei het, nie gedurende sy verhoor toegelaat behoort te gewees het nie.
In sy uitspraak het Mainga gesê Engelbrecht het nie 'n regverdige verhoor gehad nie omdat hy skuldig bevind is op die enkele bewysstuk van die skuldbekentenis wat hy voor 'n vrederegter gemaak het.
liggaam langs treinspoor
Engelbrecht is op 23 Desember 2003 in hegtenis geneem vir die moord op Moshoeshoe, wie se halfnaakte liggaam langs 'n treinspoor in die suidelike nywerheidsgebied in Windhoek gevind is.
Hy is aan hoofbeserings dood en 'n bloedbevlekte betonrandsteen is ook op die toneel gevind.
Regter Nate Ndauendapo het Engelbrecht in die hoërhof in Windhoek skuldig bevind en op 1 April 2009 tot 15 jaar gevangenisstraf gevonnis.
In die verklaring wat Engelbrecht op 23 Desember 2003 by 'n polisiebeampte afgelê het, het hy gesê dat hy, Moshoeshoe en nog 'n persoon daardie dag dagga en Mandrax gerook het.
Moshoeshoe was erg geaffekteer deur die dwelmmiddels en het naby die plek waar hulle gerook het, geval en bly lê.
Engelbrecht het ook vertel hoe hy later na die toneel teruggekeer het waar hy besluit het om Moshoeshoe te sodomiseer.
Moshoeshoe het hom begin vloek nadat hy die seksuele daad met hom gepleeg het en hy het toe 'n klip opgetel en Moshoeshoe teen sy kop daarmee gegooi.
Nadat Moshoeshoe geval het, het hy 'n groter klip geneem en sy slagoffer nog drie keer teen die kop gegooi, het Engelbrecht verder aan die polisiebeampte vertel.
Volgens Engelbrecht was hy tydens die voorval onder die invloed van dwelmmiddels.
Die polisiebeampte wat die verklaring afgeneem het, het gedurende die verhoor getuig dat hy wel vir Engelbrecht van sy regte ingelig het. Hierdie feit was egter nie in die verklaring aangeteken nie.
Die reg vereis dat 'n verdagte in aanhouding breedvoerig ingelig word oor sy reg tot regsverteenwoordiging en ook die reg om om regshulp aansoek te doen. In sy getuienis gedurende die verhoor kon die polisiebeampte nie onthou of Engelbrecht wel besluit het om 'n regsverteenwoordiger aan te stel nie.
Wanneer 'n persoon besluit het om 'n regsverteenwoordiger aan te stel, moet ondervraging gestaak word totdat die prokureur geraadpleeg is en hulle aangedui het dat hulle 'n verklaring wil aflê, het regter Mainga in sy uitspraak gesê.
Hoofregter Peter Shivute het met regter Mainga se belissing saamgestem.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie