Vrydag lewer minder Covid-19 gevalle op
Vrydag lewer minder Covid-19 gevalle op

Vrydag lewer minder Covid-19 gevalle op

Dani Booysen
Vandag is 640 gevalle van Covid-19 bevestig vir die afgelope Vrydag teenoor gister se 1 041 gevalle vir Donderdag.
Van die gevalle is 62, of 10%, herinfeksies.
Die positiwiteitskoers, die aantal positiewe toetse, het van 27,2% tot 22,2% afgeneem, maar die hoeveelheid toetsmonsters wat verwerk is, was meer as 'n 1 000 minder. Vrydag is 2 602 toetsuitslae vrygestel teenoor 3 828 die dag voor dit.
Distrikte met tien of meer gevalle: Windhoek 379, Walvisbaai 103, Swakopmund 49, Otjiwarongo 19, Usakos 17, Gobabis 15, Omaruru 12.
Onder die nuwe gevalle tel 26 gesondheidswerkers.
Nog 57 gevalle word as herstel beskou. Die algehele herstelkoers staan op 94,8%.
Daar was Vrydag 3 314 aktiewe gevalle.
Geen sterftes is gerapporteer nie.
Die aantal persone wat mediese sorg benodig, bly beperk. Gehospitaliseerdes het met een afgeneem tot 72 en persone in intensiewesorg (ICU) ook met een tot drie persone.
Persone in amptelike kwarantyngeriewe het Vrydag vanaf 259 tot 276 toegeneem.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!