Vrydagaand gaan astronomies wees
Komeet 45P gaan dié naweek die naaste aan die aarde wees en sigbaar met die blote oog.
Elvira Hattingh - Entoesiastiese sterrekykers kan uitsien na drie astro-gebeurtenisse in die hemelruim Vrydagaand - mits die weer dit toelaat.
Dit sal volmaan wees, 'n halfskaduwee-maanverduistering sal voorkom en 'n verbygaande komeet sal met die blote oog sigbaar wees.
Komeet 45P, ook genoem Komeet Honda-Mrkos-Pajdušáková, sal Vrydagaand die naaste aan die aarde wees. Dit sal dan sowat 12,43 miljoen kilometer ver wees en teen middernag op sy helderste skyn.
Nasa beskryf Komeet 45P as 'n komeet met 'n blou-groen kop en 'n waaiervormige stert.
Dit sal meestal in die Hercules-konstellasie te sien wees, voor dit oor die volgende weke verby die Boötes-, Coma Berenices- en Leo-konstellasie sal beweeg. Teen volgende maand sal dit aansienlik dowwer vertoon.
Tydens Vrydagnag se halfskaduweeverduistering, die eerste van twee vir 2017, sal die maan deur die aarde se skaduwee beweeg. Dit beteken die son, aarde en maan gaan 'n reguit lyn vorm.
Gevolglik blokkeer die aarde van die son se lig sodat dit nie die maan se oppervlakte kan bereik nie en die maan verduister in 'n mate. Slegs 'n gedeelte van die aarde se skaduwee sal oor 'n gedeelte van die maan val.
Namibië is uitstekend geleë om die halfskaduweeverduistering te aanskou. Dit sal Saterdag om 00:34 begin en sal sy hoogtepunt teen 02:44 bereik. Die verduistering sal vier ure en 19 minute lank aanhou, maar ná 04:54 sal dit nie meer sigbaar wees nie.
Dit sal ook in Suid-Amerika, Kanada, oor die Atlantiese Oseaan, Europa, die res van Afrika en Wes-Asië te sien wees.
Komeet 45P het reeds op 15 Desember sy verskyning in die hemelruim gemaak en toe het Nasa se Straalaandrywingslaboratorium (JPL) 'n foto daarvan op Twitter geplaas. JPL het toe gesê die komeet was op Nuwejaarsdag met behulp van 'n verkyker of teleskoop sigbaar.
Die komeet, wat reeds in 1948 deur Minoru Honda, Antonín Mrkos en Ludmila Pajdušáková ontdek is, volg 'n voorspelbare pad rondom die son en is sowat elke vyf-en-'n-kwart jaar van die aarde af sigbaar.
Dit het sedert 2011 ook baie naby aan Jupiter verby beweeg, wat merkbare veranderinge in die komeet se wentelbaan veroorsaak het.
Nasa het vroeër getwiet dat 2017 'n goeie jaar gaan wees om komete te sien en dat meer op pad is.
- Bykomende bronne: www.seasky.org, www.space.com en www.cometwatch.co.uk.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie