Vrye toegang tot inligting herdenk
Mediavryheid, selfregulering gaan hand aan hand
Estelle de Bruyn - Toegang tot inligting, soos die vryheid van die media, is universele regte en gister was die internasionale dag van universele toegang tot inligting vir die eerste keer wêreldwyd herdenk.
In Namibië is ’n paneelbespreking Dinsdag by die Safari Hotel en Konferensiesentrum gehou om die geleentheid te herdenk.
Die voorsitter van die Namibia Media Trust, me. Gwen Lister, het daarop gewys dat die adjunkminister van inligting en kommunikasietegnologie, mnr. Stanley Simataa, vroeër belowe het dat die land teen volgende jaar ’n wet op toegang tot inligting sal hê.
In Namibië is selfregulering van die media deur die kantoor van die media-ombudsman aan die orde van die dag.
“’n Groot debat oor mediavryheid is tans aan die gang nadat ’n senior regeringsamptenaar onlangs met regulering van die media gedreig het. Hy is egter gelukkig deur die president gerepudieer. Die vraag is, hoe kan ons selfregulering versterk sodat ons aanspreeklik vir die publiek kan wees,” het Lister gesê.
Lister het bygevoeg dat verseker moet word die publiek weet hoe selfregulering werk sodat dit meer toeganklik vir die publiek kan wees.
Namibië se media-ombudsman, mnr. Clement Daniels, sê die veldtog vir universele toegang tot inligting is rede vir ’n nuwe globale en ook plaaslike opgewondenheid.
Volgens hom is toegang tot inligting, mediavryheid en mediaregulering alles deel van dieselfde fundamentele mensereg. In Namibië is een van die pilare van die demokrasie openbare deelname.
“Hoe kan die publiek deelneem as dit nie ingelig is nie? Mediawerkers word as professionele lui beskou en gevolglik moet die werk wat hulle doen, van ’n professionele aard wees” het Daniels gesê
Wat die toepassing van die Namibiese media-gedragskode betref, sê hy sy kantoor kry goeie samewerking van die media, selfs die NBC wat regstellings uitsaai wanneer hulle besef ’n fout is begaan. Probleme kom egter soms voor met die geelpers, koerante wat nie in die hoofstroom van koerante val nie, wat dikwels probeer om die proses te vertraag.
Die meeste klagtes wat sy kantoor ontvang, behels onakkuraatheid, ’n gebrek aan balans en versuim om aan iemand die geleentheid te gee om op aantygings te antwoord. Gemiddeld word 14 sake per jaar by sy kantoor aangemeld.
Die direkteur van die Media Instituut van Suider-Afrika (Misa) se Namibiese tak, me. Natasha Tibanyane, het op haar beurt gesê ’n mens kan nie media hê sonder toegang tot inligting nie. Media het volgens haar ’n tweerigting-kommunikasienetwerk met die regering nodig.
Sy sê jaar na jaar vind Misa: Namibia dieselfde tendense. Indien ’n minister of permanente sekretaris belangstel in toegang tot inligting, het die betrokke ministerie ’n goeie webtuiste en dit is toeganklik vir die media. Waar dit nie die geval is nie, is die teendeel waar.
Die voormalige Suid-Afrikaanse media-ombudsman en deesdae direkteur van die persraad, mnr. Joe Thloloe, het in sy bydrae vertel dat die Persraad in Suid-Afrika in 1962 tot stand gekom het. Selfregulering was ’n deurlopende proses wat aan die begin van vanjaar uitgeloop het op die publikasie van die etiese kode vir Suid-Afrikaanse gedrukte en aanlyn media. “Die gedragskode is in die nuuskantoor deur joernaliste ontwikkel, dit is nie op ons afgedwing nie,” het Thloloe gesê.
“Dit is belangrik, want dit laat burgers toe om ’n bydrae tot die bevordering van demokrasie te lewer. Daar is sekere beperkinge op wat ’n mens kan en nie kan sê nie. Die maklikste manier om dit te verseker, is om te vra hoe kan ’n mens jouself na die beste van jou vermoë uitdruk, sonder dat dit inbreuk op die regte van ander maak.
“Die gemeenskap het vir ons hierdie voorreg gegee. Ons reaksie moet wees om hierdie voorreg verantwoordelik te benut.”
Hy sê daar is voortdurend diegene wat aandring op statutêre regulering van die media en dat die media in Suid-Afrika uit een mond die versekering gegee het dat hulle hulle tot die grondwetlike hof sal wend, indien dit sou gebeur.
Mnr. Simon Delaney, ’n regskenner wat in mediareg spesialiseer, het in sy bydrae gesê vrae word dikwels gevra of die Persraad in Suid-Afrika voldoende magte het. Hy sê mediavryheid moet verder as prosedure gaan en ook let op watter etiese verantwoordelikhede dit moet hê en watter rol die media kan speel om ’n bydrae in belang van die verbetering van die lewe van die gemeenskap te lewer.
“Die media moet namens die mense praat,” het hy gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie