Vrystaat dalk kuns van R100 m. kwyt
Vrystaat dalk kuns van R100 m. kwyt

Vrystaat dalk kuns van R100 m. kwyt

Kunsskatte van moontlik meer as R100 miljoen van Suid-Afrika se voorste skilders voor 1994 het waarskynlik uit die Vrystaat voete gekry.

So sê André Salzmann, bekende Bloemfonteinse kunstenaar en kunshandelaar.

Salzmann het gereageer op die Pierneef-skildery van tussen R6 miljoen en R8 miljoen wat Ace Magashule, Vrystaatse premier, na bewering aan sy voormalige lyfwag, Ricardo Mettler, gegee het toe hy sy Vrystaatse premierskantoor einde Februarie ontruim het, soos wat die Daily Maverick berig het.

Salzmann is een van talle Vrystaters wat meen dat daar meer skilderye van groot kunstenaars uit die tydperk voor 1994 kan wees wat moontlik uit Vrystaatse provinsiale departemente en munisipaliteite verdwyn het.

Bateregisters van dié departemente word nie behoorlik op datum gehou nie.

Salzmann sê sy aanname dat meer as R100 miljoen se kuns van voor 1994 dalk weg is, is nie vergesog nie.

Pierneef se werk het groot waarde. ’n Pierneef-skildery is verlede jaar op ’n veiling van Strauss & Co. vir meer as R20 miljoen verkoop.

Daardie skildery is vooraf ook vir tussen R6 miljoen en R9 miljoen gewaardeer.

“In die Oliewenhuis-kunsmuseum in Bloemfontein is daar ’n topgehalte-Pierneef-skildery wat maklik vir R30 miljoen verkoop kan word.”

Dr. Alastair Meredith, spesialis-ondersoeker van Strauss & Co., sê toe die Pierneef-skildery uit die premierskantoor vir waardering by hulle ingehandig is, het dit onmiddellik agterdog gewek.

“Ons doen behoorlik ondersoek na die herkoms van skilderye voordat dit gewaardeer en opgeveil word.”

Hy sê hy weet beslis nie van ander duursame kunswerke van die Vrystaatse regering wat ooit by hul maatskappy aangekom het nie. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!