Vrywillige brandvegters al 110 jaar paraat
Die plaaslike besighede op Lüderitz bied ondersteuning aan die 17 vrywilligers.
Tanja Bause – Die vrywillige brandweer op Lüderitz vier tans hul 110de bestaansjaar. Gerd Kessler is al vir 38 jaar deel van dié brandweer.
“Ek is wel afgetree, maar ek doen nog die boeke en is dus nog steeds betrokke.”
Die brandweer is in 1910 deur inwoners van die dorp begin. Die waens waarop die waterpomp en die leer was, is deur perde getrek.
“Die mense was baie georganiseerd. Hulle het 'n werksbeskrywing vir elke vrywillige brandweerman gehad. Perde-eienaars moes hulle perde bring en voor die waens span wanneer daar 'n brand was.”
Ná die Tweede Wêreldoorlog het 'n Willys Jeep die perde vervang.
In 1957 het die brandweer 'n Chevrolet bygekry. Op die Chevrolet was die waterpomp en die leer.
In 1993 het die brandweermanne van Delmenhorst in Duitsland in samewerking met die Rotariër-klub van Delmenhorst 'n Mercedes-brandweerwa aan die Lüderitz-brandweer geskenk.
“Die brandweermanne het self met die voertuig tot in Vigo in Spanje gery. Die voertuig is op 'n boot van die vismaatskappy Pescanova gelaai en sou in Lüderitz afgelaai word. Met die aankoms in Lüderitz is vasgestel daar is nie 'n groot genoeg hyskraan om die voertuig af te laai nie. Die voertuig is saam met die boot Saldanha na Suid-Afrika waarna dit op die skip na Oranjemund gelaai en weer terug Lüderitz toe gebring is. Teen daardie tyd het ons oor die nodige hyskraan beskik en die voertuig is afgelaai.
“Ná 'n reis van twee maande het Lüderitz uiteindelik 'n brandweerwa met 'n groot watertenk en die regte brandspuite gekry. Dit was ook die eerste voertuig wat aan ons behoort het. Die Jeep en Chevrolet het aan die dorpsraad behoort.”
Die manne het egter gou agtergekom een brandweerwa is nie voldoende vir die dorp nie, aangesien die dorp vinnig uitgebrei het.
“Wanneer die voertuig gediens moes word, het ons nie 'n brandweerwa beskikbaar gehad nie. Die voertuig het eenkeer sonder bande in die werkswinkel gestaan terwyl 'n brand by die gebou langs Spar uitgebreek het. Brandweermanne het die brandslange gegryp en gehardloop om die brand solank met die hulp van die brandkrane te blus.
“Die res van ons het na die werkswinkel gehardloop en binne wat soos sekondes gevoel het, al vier die bande terug op die voertuig gesit en die brand geblus. Ons kon gelukkig verhoed dat die brand na omliggende geboue versprei en té ernstige skade aanrig. Maar ons het besef 'n tweede voertuig is noodsaaklik.”
Die brandweer op Oranjemund het later 'n Ford wat hulle nie meer gebruik het nie, aan Lüderitz geskenk.
“Ons gebruik vandag nog dié voertuig. Dit is klein en kan dus oral uitkom, veral in die groeiende informele nedersettings.”
TOEGERUSTE MERCEDES
In 2009 het die Bad Homburg Rotariër-klub in Duitsland 'n Mercedes-brandweerwa geskenk.
“Vir ons was dit soos 'n nuwe wa. Hy het 'n tenk van 2 500 liter. Die wa was toe ook ten volle toegerus met kragopwekker, waterspuite, waterpomp, suurstofbottels en die toerusting om die bottels te hervul. Die vrywillige brandweermanne het opleiding ontvang sodat ons die wa en sy toerusting kon gebruik.”
Dié toerusting was 'n skenking van die Rotariër-klub Wetzlaar in Duitsland.
Intussen het die Lüderitz-dorpsraad 'n brandweerstasie gebou wat met een nuwe brandweerwa toegerus is en deur een voltydse brandweerman beman word.
“Een man kan nie 'n brandweerwa doeltreffend hanteer nie. So ons werk nou met hom saam en ons veg saam indien 'n brand geblus moet word.”
Daar is tans 17 vrywillige brandweerlede op Lüderitz.
“Sowat 90% van brande wat ons hanteer, is in die informele nedersettings. Nou en dan sal 'n voertuig of 'n boot brand. Tot dusver het nog net een boot heeltemal uitgebrand; al die ander kon ons red. Die een boot het toe reeds by sy brandstoftenk gebrand en ons moes dit van die ander bote af wegsleep en laat uitbrand.
“Danksy Cymot en Udo's Auto Centre se steun deur gratis dienste en skenkings soos toerusting en hulpmiddels vir opleiding, kan die brandweer steeds 'n vrywillige diens aan die dorp lewer.” - [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie