Vu00e1s in die rommel
Vu00e1s in die rommel

Vás in die rommel

Sanet de Waal
Jo-Maré Duddy

Die politieke tameletjie om Namibië se bultende staatsdiens te verklein en die regering se begrotingsplanne op koers te hou, is ‘n uitdaging, het Moody’s Vrydag gesê toe dit Namibië nóg verder afgradeer het.

Die regering se reusesalarisrol, die begrotingstekort, toenemende skuldlas en die impak van Covid-19 het als ‘n rol gespeel in Namibië se jongste afgradering van Ba2 tot Ba3. Moody’s beskou Namibië nou as drie kerwe onder beleggingstaus met ‘n negatiewe vooruitsig.

“Die implementering van die regering se planne vir begrotingskonsolidering gaan sonder twyfel ‘n uitdaging in ‘n omgewing met lae groei wees, veral gegewe die regeringsteiken om die groot, maar polities uitdagende salarisrol van die staatsdiens te verklein,” het Moody’s gesê.

Dr. Omu Kakujaha-Matundu, ‘n senior lektor in ekonomie aan die Universiteit van Namibië (Unam), het die afgradering as ‘n “straf” beskryf. Dit kan finansieringskoste verhoog in ‘n tyd wat die land skuld die nodigste het, het hy aan Republikein gesê.

Die negatiewe vooruitsig wat met die jongste afgradering gepaardgaan, vererger boonop sake, meen Kakujaha-Matundu.

‘RAMP’

Hoewel Moody’s se redes vir dié stap nie betwis word nie, kan die regrukvoorstelle van Moody’s teen ‘n groot koste vir die ekonomie kom indien dit nie versigtig oorweeg word nie, sê hy.

“Byvoorbeeld, die dieper besuiningsmaatreëls wat in die Moody’s-verslag geïmpliseer word, voorspel ‘n ekonomiese ramp vir die Namibiese ekonomie,” aldus Kakujaha-Matundu.

“Hoe sny jy regeringsbesteding diep terwyl dit een van, indien nie die enigste, stimuli is om ekonomiese herstel in die verwoesting teweeg te bring wat deur Covid-19-beperkings plaaslik en wêreldwyd veroorsaak is?”

Volgens Kakujaha-Matundu moet die regering dapper wees en sy opsies rakende begrotingskonsolidering en lenings versigtig oorweeg.

“Die regering moet in dié ‘abnormale tye’ nie veel deur afgraderings van stryk gebring word nie. Die regering moet sy oog op die bal hou en dit is om ekonomiese herstel te laat plaasvind,” sê hy.

‘VERSLAAN COVID-19’

Die minister van finansies, mnr. Iipumbu Shiimi, het gister aan Republikein gesê die regering is terdeë van die negatiewe uitwerking van Covid-19 op die ekonomie bewus.

“Die pandemie het ‘n beduidende ommekeer in die vooruitgang met begrotingskonsolidering van die afgelope vyf jaar veroorsaak,” het hy gesê.

Shiimi het ‘n beroep op alle Namibiërs gedoen om saam te werk om “Covid-19 te verslaan”.

“Met die pandemie onder beheer, sal ons voortgaan om hard te werk om vooruitgang vir al ons mense te bewerkstellig,” het hy gesê.

· Lees die volledige berig in Market Watch.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!