VSA aan Noord-Korea: Staak missieltoetse
Ondanks hernude sanksies wat die Verenigde Nasies teen Noord-Korea ingestel het, is daar geen aanduiding dat Pjongjang sy missieltoetse sal staak nie.
Amerika se minister van buitelandse sake, Rex Tillerson, het gister gesê die vinnige hervatting van 'n dialoog met Noord-Korea is nie moontlik nie.
Hy sê nuwe sanksies wat deur die Verenigde Nasies (VN) ingestel is, wys dat die wêreld se geduld met Pjongjang se kernwapen-ambisies aan die opraak is.
Tillerson het in die Filippynse hoofstad, Manila, aan verslaggewers gesê Washington sal slegs samesprekings met Noord-Korea hervat indien die land sy ballistiese missielprogram staak, iets wat Pjongjang nie van voorneme is om te doen nie.
“Die beste teken wat Noord-Korea kan gee dat hy bereid is om te praat, sal wees om hierdie missiellanserings te staak,” het Tillerson gesê.
Tillerson se opmerkings kom ná 'n rare interaksie by die Manila-forum tussen die twee Koreas se ministers van buitelandse sake.
Daartydens het die Noorde se Ri Yong-Ho geen tekens getoon dat sy nasie deur die jongste ronde sanksies geïntimideer is nie.
In 'n hernude poging om Noord-Korea se leier, Kim Jong-Un, se ambisie te ontmoedig om 'n kernmag te word, het die Veiligheidsraad van die VN Saterdag eenparig 'n sanksiepakket goedgekeur wat deur Amerika opgestel is, en wat Noord-Korea jaarliks US$1 miljard kan kos.
Die sanksies is in reaksie op twee interkontinentale ballistiese missieltoetse verlede maand waaroor Kim gespog het dat dit enige deel van Amerika kan bereik.
Amerika se pres. Donald Trump en sy Suid-Koreaanse eweknie, Moon Jae-In, het Sondag telefonies gesels en saamgestem dat die Noorde 'n “ernstige en toenemende bedreiging” vir die meeste lande in die wêreld inhou.
Ri en Suid-Korea se minister van buitelandse sake, Kang Kyung-Wha, het hand geskud tydens hul kortstondige ontmoeting Sondag by 'n galadinee op die vooraand van die ASEAN-streekforum se vergadering.
Kang het Ri versoek om Seoel se aanbod te oorweeg om militêre samesprekings te voer ten einde die spanning in die verdeelde skiereiland te verlig.
Sy het ook gesprekke versoek oor die hereniging van verdeelde families, het Suid-Korea se Yonhap-nuusagentskap berig.
Volgens Yonhap was Ri se antwoord: “Gegewe die huidige situasie waarin die Suide met Amerika saamsweer om druk op die Noorde te plaas, skiet sulke voorstelle aan opregtheid tekort.” -Nampa/AFP

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie