VSA-beleggers besoek Namibiu00eb
VSA-beleggers besoek Namibiu00eb

VSA-beleggers besoek Namibië

Die adjunkminister het handel tussen Namibië en Amerika deur samewerking aangemoedig.
Augetto Graig
Augetto Graig



Beleggers en sakelui uit Amerika besoek Namibië tot Vrydag op uitnodiging van beide lande se ambassades, die regering en die Namibiese Kamer van Handel en Nywerheid (NCCI).

Die groep is veral by die openingseremonie van hul besoek aangemoedig om hul Amerikaanse dollars in Namibië te bestee.

Ambassadeur Monica Nashandi en ambassadeur Lisa Johnson was eregaste by die geleentheid.

Mnr. Mark Dawe, B2Gold se hoofbestuurder, het sy ervaring van die Otjikoto-goudmyn met die 15 Amerikaners gedeel.

Dié myn het sedert sy ontstaan in 2014 sy produksieteikens jaarliks oortref.

Dawe sê vir beleggers is Namibië “Afrika vir sissies”.

As Afrikalande soos bier was, kon Namibië as Windhoek Light beskou word, het hy gesê.

“Dit is maklik om hier in bedryf te wees,” het hy gesê.

Hoewel B2Gold 'n Kanadese maatskappy is, het Noord-Amerika geen griewe oor die bestuur van hul Namibiese bates nie.

“Dit is ons gunsteling- beleggingservaring ter wêreld,” het Dawe gesê.

B2Gold se ander Afrikamyn is in Mali, waar die yslike Fekola-myn in die suidweste twee jaar gelede gebou is.

“Namibië het tot 'n groot mate vaardighede wat plaaslik aangeleer word, veral met instansies soos die vooruitstrewende Namibiese Instituut vir Mynbou en Tegnologie (Nimt), wat jare lank reeds gevorderde opleiding bied.

“Toe ons bouspan die Mali-myn moes bou, het hulle Namibiërs om hulp gevra.

“Ons het 130 mense saamgestuur, wat toekennings vir hul werks­etiek en professionaliteit gewen het,” het hy gesê.

“Dit wys net hoe Afrika vaardighede en tegnologie kan toepas. Ons spog daarmee,” het hy gesê.

“Van dag een af kon ons produksie verhoog. Ons was verras oor die vlak van vaardigheid en toewyding. Wat die hoeveelheid goud per ton grond betref, is dit plaaslik nie van 'n hoër graad nie – 1,4 g per ton teenoor Mali se 3 g per ton.

“Tog bereik ons 'n waarde van tussen US$500 en US$550 per ons goud, wat met die beste vergelyk. Die infrastruktuur is hier. Die dienste is hier. Nog 'n aantreklike aspek is die verdraagsaamheid teenoor invoere en die ondersteuning van vernuwing,” het hy gesê.

Hy het die myn se sonkragaanleg as voorbeeld genoem.

Dawe het mynbou-entrepreneurs wel gewaarsku Namibië hef 4% belasting op grootmaatverkope.

Hy het gesê dit plaas 'n groot las op mynboubesighede, en Namibië is “aan die hoë kant” wat belasting betref.

“Ons het gebruik geoptimaliseer, wat 'n goeie ding is, maar as ons oor daai drumpel druk, is dit 'n keerpunt, en daarmee saam die belegging,” het hy gesê.

Volgens Dawe beskik Namibië oor baie goeie infrastruktuur, en danksy die hawe en verbinding met die see by Walvisbaai ervaar hy geen probleme wat die verskaffingsketting betref nie, het hy gesê.

Me. Lucia Iipumbu, adjunkminister van nywerheidsontwikkeling, handel en SME-ontwikkeling, was die hoofspreker by die geleentheid.

“Namibiese besighede streef daarna om uit te brei deur die verspreiding van produkte en die vergroting van hul netwerke. Groei vereis samewerking,” het sy gesê.

Iipumbu het gesê sy is verheug dat die besigheidsgroep uit Amerika elke jaar groter word.

Handel tussen Namibië en die VSA het in 2018 met 0,5% gegroei, het sy gesê.

In 2018 het Namibië goedere ter waarde van US$203 miljoen na die VSA uitgevoer en sowat US$120 miljoen se goedere ingevoer.

Iipumbu het genoem Namibië het verlede jaar eers beesvleis na Amerika begin uitvoer, en dat dié vertraging betreurenswaardig is.

“Namibiese vleis is uniek en proe beter as ander – veral as dit op Namibiese kole gebraai is. Dis selfs nóg beter met 'n Windhoek Lager,” het sy gesê.

Kommentaar

Republikein 2024-12-21

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 21° | 37° Rundu: 21° | 32° Eenhana: 21° | 26° Oshakati: 21° | 29° Ruacana: 21° | 31° Tsumeb: 19° | 24° Otjiwarongo: 19° | 25° Omaruru: 21° | 32° Windhoek: 18° | 30° Gobabis: 20° | 29° Henties Bay: 17° | 22° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 16° | 20° Rehoboth: 21° | 33° Mariental: 23° | 35° Keetmanshoop: 25° | 37° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 16° | 26° Ariamsvlei: 24° | 40° Oranjemund: 17° | 22° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 25° Lubumbashi: 16° | 32° Mbabane: 18° | 29° Maseru: 16° | 29° Antananarivo: 16° | 32° Lilongwe: 22° | 34° Maputo: 23° | 36° Windhoek: 18° | 30° Cape Town: 18° | 23° Durban: 21° | 26° Johannesburg: 16° | 18° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 21° | 35° Harare: 20° | 32° #REF! #REF!