VSA bly gesluit nadat Trump by vergadering uitloop
VSA bly gesluit nadat Trump by vergadering uitloop

VSA bly gesluit nadat Trump by vergadering uitloop

Die sluiting van die Amerikaanse regering gaan sy 21ste dag binne en ewenaar dus die langste sluiting in die laaste 43 jaar.
Pres. Donald Trump van Amerika het Woensdag uit ’n vergadering met die Demokrate geloop terwyl hulle oor die grensmuur tussen Amerika en Mexiko vergader het.

Trump, die nuwe speaker, Nancy Pelosi, en Chuck Schumer, leier van die Demokrate in die Huis van Verteenwoordigers, het vergader sodat hulle oor die grensmuur en die sluiting van die Amerikaanse regering kan praat.

Die sluiting van die Amerikaanse regering gaan sy 21ste dag binne en ewenaar dus die langste sluiting in die laaste 43 jaar, het die New York Times berig.

Trump het ná die ontmoeting hom tot Twitter gewend, waar hy geskryf het die ontmoeting met Pelosi en Schumer was ’n mors van tyd.

Die Demokrate het op hul beurt gesê Trump het uit hul vergadering “gestorm” en beskryf dít as ’n “woedeaanval”.

Trump sê hy het hulle gevra wat gaan gebeur as hy die regering oopmaak en of hulle die geld vir die grensmuur sal goedkeur, waarna hy uitgeloop het toe hulle “nee” sê.

NASIONALE NOODTOESTAND

Die Demokrate het laat blyk dat hulle ook oor die veiligheid van die grens bekommerd is, maar hulle glo nie in ’n grensmuur nie.

Trump het glo die vergadering verlaat terwyl hy steeds oor ’n nasionale noodtoestand skimp.

Hy het vroeër gedreig om ’n nasionale noodtoestand af te kondig.

Intussen het Trump die federale noodbestuuragentskap (Fema) beveel om op te hou geld stuur vir Kalifornië nadat daar verlede jaar verwoestende brande uitgebreek het, berig Fox News. – Netwerk24/Reuters

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!