VSA, China praat gou oor handel
’n Afvaardiging van die Amerikaanse regering gaan in die week van 7 Januarie Beijing toe om handelsgesprekke met Chinese amptenare te voer.
Jeffrey Gerrish, die VSA se adjunkminister van handel, gaan die afvaardiging lei. Hy word vergesel van David Malpass, adjunkminister van internasionale sake.
Die inligting is volgens mense met kennis van die saak. Die departement van handel en die tesourie het nie op navrae gereageer nie.
Gao Feng, woordvoerder van die Chinese departement van handel, het bevestig dat die twee lande in gesprek gaan tree, hoewel hy nie ’n datum gegee het nie.
Dit sal die eerste keer wees dat hoës van die twee lande van aangesig tot aangesig vergader sedert pres. Donald Trump en pres. Xi Jinping in November in Argentinië ingestem het tot ’n “skietstilstand” van 90 dae in die oorlog oor handelstariewe tussen dié twee lande. Die 90 dae verstryk op 1 Maart.
Steven Mnuchin, minister van finansies, sê hulle praat wel telefonies.
Beijing het vroeër vandeesweek ’n derde ronde besnoeiings in invoertariewe op meer as 700 produkte aangekondig. Dit geld van 1 Januarie af en is deel van ’n poging om die ekonomie toegankliker te maak en verbruikersprodukte vir Chinese goedkoper te maak.
Die invoertariewe wat die VSA vroeër vanjaar op nywerheids- en tegnologieprodukte ingestel het, is steeds van krag.
Trump het egter ingestem om vir eers nie die tariefverhogings op nog $200 miljard se Chinese invoerprodukte in werking te stel nie. – Bloomberg, verkort/Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie