VSA en Mexiko naby ooreenkoms oor Nafta
Die Amerikaanse president het reeds in sy verkiesingsveldtog aangevoer die 24 jaar oue ooreenkoms was ’n “nagmerrie” vir Amerikaanse werkers.
Onderhandelinge tussen die VSA en Mexiko oor veranderinge aan die Noord-Amerikaanse Vryhandelooreenkoms (Nafta) duur Maandag voort.
Volgens ’n twiet Saterdag deur pres. Donald Trump van die VSA kan ’n “groot handelsooreenkoms” tussen die twee lande binnekort gesluit word.
Sondag het Ildefonso Guajardo, Mexiko se minister van ekonomie, gesê die twee lande is “ure” van ’n ooreenkoms af, hoewel hy later gesê het meer werk moet nog gedoen word.
Die gesprekke handel veral oor nuwe reëls vir die motorbedryf. Trump het reeds in sy verkiesingsveldtog aangevoer die 24 jaar oue Nafta was ’n “nagmerrie” vir Amerikaanse werkers.
Die derde land wat deel is van Nafta, Kanada, is nie deel van die huidige ronde gesprekke nie. Twispunte tussen die VSA en Mexiko moet eers opgelos word, veral omdat heelwat motorvervaardigers fabrieke in die suidelike buurland het.
Die heronderhandeling van Nafta sloer nou al meer as ’n jaar.
Na verneem word gaan vereis word dat 75% van motors se inhoud in die streek vervaardig word voordat dit tariefvry ingevoer kan word.
Die Trump-administrasie wil ’n perk plaas of motors en sportnutsvoertuie wat tariefvry of teen ’n lae tarief van 2,5% uit Mexiko na die VSA ingevoer word
Die perk kan na verneem word 2 miljoen eenhede wees – meer as die 1,77 miljoen voertuie wat in 2017 ingevoer is.
As bakkies ingesluit word, is meer as 2,3 miljoen voertuie in 2017 van Mexiko na die VSA ingevoer.
Die twee lande sit ook vas oor die olie- en gassektor.
Kanada gaan na verwagting weer in September by die onderhandelinge aansluit.
Die Amerikaanse kongres het 90 dae kennis nodig dat daar oor ’n nuwe Nafta gestem gaan word, so dit lyk onwaarskynlik dat die ooreenkoms vanjaar reeds in werking gestel sal kan word.
Andrés Manuel López Obrador is in die algemene verkiesing van 1 Julie tot nuwe president van Mexiko verkies. Hy neem op 1 Desember die leisels in dié land oor. – Reuters, bygewerk/Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie