VSA gee reu00ebls oor vrywaring van tariewe op staal
VSA gee reu00ebls oor vrywaring van tariewe op staal

VSA gee reëls oor vrywaring van tariewe op staal

Die Amerikaanse regering het riglyne bekend gestel waaraan maatskappye moet voldoen wat aansoek wil doen om vrygestel te word van invoertariewe op staal en aluminium na dié land.

Die departement van handel in dié land het laat Vrydag ’n tussentydse finale reël bekend gemaak wat maatskappye of individue wat staal aan Amerikaanse ondernemings verskaf, toelaat om vir vrystelling aansoek te doen.

Pres. Donald Trump het op 8 Maart aangekondig tariewe van onderskeidelik 25% en 10% gaan op alle staal- en aluminium-invoer gehef word.

Hy het sedertdien invoer vanuit Australië, Kanada en Mexiko van dié tariewe gevrywaar.

Luidens die nuwe reël kan ’n maatskappy die departement van handel vra om van die tarief vrygestel te word as die produk “nie in Amerika in voldoende en redelik beskikbare hoeveelhede geproduseer word nie” of nie van “bevredigende gehalte” is nie.

Hulle kan ook nasionale veiligheid as motivering gebruik.

Die departement se buro vir nywerheid en sekuriteit het beloof hy sal vinnig optree en dat dit ongeveer 90 dae sal vat om ’n finale besluit oor ’n aansoek te neem.

Dit sal genoeg tyd gee om teenkanting teen ’n aansoek ook te oorweeg.

Diegene wat die tariewe ondersteun, moet binne 30 dae nadat ’n aansoek ingedien is, hul teenkanting op skrif by die departement indien.

Daar is geen tydsbeperking op aansoeke om vrywaring nie.

Metaalprodusente en die Alliansie vir Amerikaanse Vervaardiging waarsku egter dat riglyne met betrekking tot vrywaring wat te breedvoerig is die hele poging kan ondermyn om invoer na die land te beheer.

Wilbur Ross, minister van handel, sê maatskappye wat aansoek om vrywaring wil doen, moet op die beskikbaarheid van die produk in Amerika fokus.

Hy sê hy sal “inligting oor voorraad in ander lande oorweeg in die mate wat relevant is om te bepaal of spesifieke nasionale veiligheidsoorwegings vrywaring regverdig.” – Netwerk24/Bloomberg, verwerk

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!