VSA gewaarsku nu00e1 aanval in Siriu00eb
VSA gewaarsku nu00e1 aanval in Siriu00eb

VSA gewaarsku ná aanval in Sirië

Amerika se aanval verlede week op 'n Siriese lugmagbasis is skerp deur bondgenote van pres. Basjar al-Assad gekritiseer.
’n Gesamentlike, militêre bevelsentrum wat beman word deur Russiese, Iranse en ander magte wat pres. Basjar al-Assad van Sirië steun, sê die aanval Vrydag deur die VSA op ’n Siriese lugmagbasis het ’n gevaarlike perk oorskry en hulle sal op enige verdere aggressie reageer.

Pres. Donald Trump van Amerika het die opdrag gegee vir die aanval waarin verskeie missiele afgevuur is. Dit was in reaksie op ’n chemiese aanval verlede Dinsdag, vermoedelik deur Assad se weermag, waarin burgerlikes en kinders in die stad Chan Sjeichoen dood is.

Amerika se aanval het dié land se rol in Sirië skielik drasties vergroot en hewige kritiek van Assad se bondgenote, soos Rusland en Iran, ontlok.

“Wat Amerika met sy aggressie op die spel geplaas het, steek gevaarlike perke oor. Van nou af sal ons met mag reageer teenoor enige aanvaller of enige soortgelyke optrede, maak nie saak wie dit is nie, en Amerika is bewus van ons vermoë om te reageer,” het die bevelsentrum in ’n verklaring aan die nuusagentskap Ilam al Harbi gesê.

Rex Tillerson, die Amerikaanse minister van buitelandse sake, sê die aansporing vir die chemiese aanval is te wyte aan Rusland wat niks doen nie. Hy sê Rusland het nie ’n vinger verroer om die 2013-ooreenkoms – om chemiese wapens in Sirië op te spoor en te vernietig nie – na te kom nie.

Hy sê ook die VSA verwag van Rusland om sterker standpunt teen Sirië in te neem deur sy betrekkinge met Assad te heroorweeg, “want elke keer as hierdie soort aanval plaasvind, maak dit Rusland meer verantwoordbaar”.

Intussen beweer rebelle en inwoners Russiese vegvliegtuie het Sondag agt aanvalle gedoen op die dorp Chan Sjeichoen waar die chemiese aanval verlede week uitgevoer is. Geen sterftes is aangemeld nie. - Netwerk24/Reuters

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!