VSA-kaptein kap Trump oor immigrasie-beleid
Sokker
Die kaptein van die Amerikaanse sokkerspan, Michael Bradley, het gesê hy is “hartseer” en “verleë” oor pres. Donald Trump se streng nuwe immigrasiebeleid wat vlugtelinge en reisigers uit sewe oorwegend Moslem-lande toegang tot die VSA verbied.
Bradley het sy mond oor Trump op Instagram uitgespoel nadat hy vroeër in ’n onderhoud meer diplomaties was.
“Wat ek vroeër gesê het, was te sag,” het Bradley geskryf.
“Ek het versuim om te noem hoe hartseer en verleë ek is. Toe Trump verkies is, het ek gehoop dat Trump die president anders sou wees as die Trump in die verkiesingsveldtog.
“[Ek het gehoop] dat die xenofobiese, bevooroordeelde, narsistiese retoriek vervang sou word deur ’n nederiger, weldeurdagte benadering in sy leierskap.
“Ek was verkeerd. En die verbod op Moslems is net die nuutste voorbeeld van iemand wat geheel en al uit voeling is met ons land en oor die regte wyse om vooruit te gaan.”
Bradley het dié kommentaar ure voor ’n vriendskaplike wedstryd teen Serwië in San Diego op Instagram geplaas.
Die 29-jarige Bradley speel deesdae klubsokker vir Toronto FC, nadat hy byna ’n dekade lank in Europa sy brood en botter verdien het.
Hy is die eerste prominente Amerikaanse sportman wat Trump se immigrasiebeleid skerp veroordeel. Die Olimpiese middelafstand-kampioen Mo Farah, ’n Britse burger wat in Somalië gebore is, maar in die VSA woonagtig is, het ook sy stem oor dié kwessie verhef.
Ná Trump se aankondiging Vrydag is die Nasionale Basketbalvereniging (NBA) ook genoop om klarigheid oor die nuwe beleid by die Amerikaanse departement van buitelandse sake te kry. Die rede daarvoor is dat twee NBA-spelers, Thon Maker (Milwaukee Bucs) en Luol Deng (LA Lakers), albei in Soedan gebore is.
Burgers van Soedan, Libië, Iran, Irak, Sirië, Somalië en Jemen mag vir die volgende 90 dae nie die VSA binnegaan nie. – Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie