VSA minister op eerste Afrika-besoek
Amerika se minister van buitelandse sake, Rex Tillerson, het gister na Ethiopië gevlieg vir die begin van sy eerste diplomatieke besoek aan Afrika.
Die doel van die besoek is om veiligheids-alliansies te versterk op ‘n vasteland wat toenemend op China vir bystand en handel staatmaak.
Tydens sy besoek sal hy die Afrika-unie (AU) besoek, waar baie amptenare woedend is oor pres. Donald Trump se uitlating in Januarie oor “sh*thole"-lande. Trump het later ontken hy het dit gesê.
Amerikaanse woordvoerders sê Tillerson sal tydens die week lange besoek op maniere fokus om terrorisme te bekamp en stabiliteit, handel en beleggings te versterk.
“Die lang arm van terrorisme dreig om die toekoms van talle individue te steel,” het Tillerson Dinsdag voor sy vertrek in ‘n toespraak by Virginia se George Mason Universiteit gesê.
Militante aanvalle in Afrika het tot meer as 1 500 per jaar toegeneem teenoor die ongeveer 300 voorvalle in 2009, het hy gesê.
Tillerson het bykomende bystand van US$533 miljoen afgekondig vir lande wat deur droogte en konflik getref is.
Hy sal tydens sy besoek Ethiopië, die tuiste van die AU, en Kenia, albei belangrike Amerikaanse bondgenote in die stryd teen Al-Sjabaab se Islamitiese militante in Somalië, besoek.
Hy sal ook Djiboeti, die tuiste van groot Amerikaanse, Franse en Chinese militêre basisse, aandoen. In Wes-Afrika sal hy Tsjad en Nigerië besoek, albei groot olieprodusente wat sukkel om ‘n Boko Haram-insurgensie af te weer.
China het Amerika in 2009 as Afrika se grootste handelsvennoot verbygesteek. – Nampa/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie