VSA nou ook in u2018diep resessieu2019, su00ea Bank of America
VSA nou ook in u2018diep resessieu2019, su00ea Bank of America

VSA nou ook in ‘diep resessie’, sê Bank of America

William Horne – Bank of America (BofA) het pas aangekondig die VSA is nou “amptelik” in ’n resessie gedompel weens die Covid-19-virussiekte, en dat ’n “ineenstorting” dreig.

Michelle Meyer, ekonoom van BofA, skryf Donderdag in ’n nota die Amerikaanse ekonomie gaan in die tweede kwartaal met 12% inkrimp in ’n “ineenstorting” wat nou in pas is met die ekonomiese toestand van talle ander lande wêreldwyd, berig CNBC.

Meyer skryf verder die “diepte” van die ineenstorting is so groot dat ekonomiese groei vir die hele 2020 nou op -,8% verwag word.

“Werkgeleenthede sal verlore gaan, rykdom sal vernietig word en sakevertroue gaan steier,” skryf Meyer.

BofA verwag nou daar sal in die tweede kwartaal meer as 1 miljoen poste per maand verlore gaan, vir ’n totale verlies van sowat 3,5 miljoen.

Pres. Donald Trump het Maandag tydens ’n mediakonferensie toegegee die VSA is “dalk” op pad na ’n resessie.

Maar tot dusver was daar nog hoop dat die enorme fiskale stimuluspakkette wat die Amerikaanse regering aangekondig het, die kans op ’n resessie sou verminder.

Volgens BofA is die resessie egter reeds hier.

Meyer skryf daar behoort “geen grense” aan die regering se fiskale stimulus te wees as die land kop bo water wil hou nie, berig The Hill.

Die VSA het vandeesweek reeds $1 000 miljard se fiskale ingrypings aangekondig te midde van Covid-19 se verspreiding.

Deel hiervan sluit in dat elke Amerikaanse landsburger $1 000 kontant sal ontvang.

Volgens BofA is dit nog nie genoeg nie.

Die VSA se reële bruto binnelandse produk (BBP) het in 2019 met 2,3% gegroei. Syfers van die Amerikaanse Buro van Ekonomiese Ontleding wys die land se BBP het in die vierde kwartaal verlede jaar nog met 2,1% gegroei. Dit is die jongste amptelike syfer wat beskikbaar is. Resultate vir die eerste kwartaal word op 26 Maart verwag. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-16

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 35° Rundu: 19° | 35° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 23° | 35° Ruacana: 22° | 35° Tsumeb: 22° | 34° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 20° | 33° Gobabis: 21° | 33° Henties Bay: 16° | 24° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 15° | 23° Rehoboth: 21° | 33° Mariental: 21° | 37° Keetmanshoop: 21° | 38° Aranos: 22° | 37° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 20° | 39° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 35° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 17° | 29° Maseru: 16° | 31° Antananarivo: 16° | 32° Lilongwe: 21° | 33° Maputo: 21° | 32° Windhoek: 20° | 33° Cape Town: 16° | 25° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 16° | 31° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 20° | 32° Harare: 18° | 28° #REF! #REF!