VSA nuwe jagterrein vir Namibiër

JL Opperman het verlede jaar reeds sy vernuf in die Amerikaanse reeks begin wys.
Tielman van Lill
Tielman van Lill – Die tweede been van die nasionale Namibiese motocross-kampioenskap is Saterdag met groot sukses deur die Namibië Enduro-klub by die Gallina Motocross-park noord van Windhoek aangebied.

Die nuwe baan, wat deur die voormalige Dakar-motorfietsjaer Ingo Waldschmidt geskep is, het die meeste ryers onkant gevang, tesame met die feit dat deelnemers vir die eerste keer in dié baan se geskiedenis antikloksgewys moes jaag.

Van die jaers beskryf dit as die beste baan in jare en sê die vloei is fantasties. Deelnemers het tydens die eerste ronde nog gesukkel om hul ritme met die spronge te vind, maar toe dit eers onder die knie gekry is, het die jaers behoorlik baljaar.

Een talentvolle jaer wat die oog gevang het, is die jeugdige JL Opperman wat sy swaar kwadfiets met die grootste gemak en presisie soos ’n gewone veldfiets deur die draaie en springgedeeltes rondgegooi het.

Opperman, wat plaaslik nie sy gelyke in die kwad-afdeling het nie, was opnuut die klaswenner in dié moeilike MX-kode. Opperman was verlede jaar in die VSA waar hy aan ses kompetisies van die Amerikaanse nasionale amateur ATV MX-kampioenskap deelgeneem het.

Hoewel hy sy knie gedurende een van dié byeenkomste beseer het en net aan ses van die nege kompetisies kon deelneem, het hy steeds vierde in dié kampioenskapsreeks geëindig.

Opperman het aan Republikein gesê: “Ek het Saterdag by Gallina gery en dit was bitter lekker! Oom Ingo het baie moeite gedoen en dit weer ’n mooi baan gemaak. Ek was mos laasjaar in Amerika om daar te jaag en gaan nou weer einde van die maand terug om weer daar te gaan meeding.

“Die kampioenskap begin aanstaande maand en my eerste kompetisie is op 10 April in Conroe, Texas, by die Three Palms Action Sports Park.

“Ek sal in Springtown, Texas, bly waar ek vir my graad in sielkunde gaan studeer. Dit sal my basis wees van waar ek aan die kampioenskap kan deelneem. Vanjaar ry ek in die Pro-Am-reeks en as ek genoeg punte behaal, kan ek kwalifiseer om hopelik volgende jaar professioneel te jaag.

“Ek wil graag soveel as moontlik van dié kompetisies ry. Dié jaar het ek weer ’n Baldwin Honda TRX 450R en ’n Yamaha YFZ 450R. Die Honda werk beter op gladder, vinniger bane terwyl die Yamaha veel beter oor rowwe terrein hanteer.”

In die MX 1- en M 2-klasse was die mededinging straf tussen Liam Gilchrist (Husqvarna 350), Marcel Henle (Gasgas 450), Arno Engels (KTM 450), Frank Klosta (KTM 450), Bjorn Bierbrauer (Yamaha 250), Nicolai Palmhert (KTM 250), Alex Howard (Yamaha 250), Stefan Maischats (MX 2, Yamaha 250) en Oliver Gruttemeyer (MX 2, KTM 250).

Gilchrist het egter opnuut sy meesterskap bewys en het elke ren vir die dag ingepalm. Met sy vorige uitstappie in Februarie by Gallina het hy ook koning gekraai toe hy beide renne vir die dag gewen het.

Die voorste uitslae:

Kwads: 1 JL Opperman, 2 Maike Bochert, 3 Jolly Fourie.

MX 1: 1 Liam Gilchrist, 2 Bjorn Bierbrauer, 3 Frank Klosta.

MX 2: 1 Stephan Maischatz, 2 Oliver Gruttemeyer.

MX 125: 1 Liam Gilchrist, 2 Stefan Bartsch, 3 Dylan Hilfiker.

MX Lites: 1 Bjorn Kebbel, 2 Luca Brand, 3 André Fourie.

MX 65: 1 Juan de Vos, 2 Lehan Augustyn, 3 Jan Willem Bronkhorst.

MX 50: 1 Oliver Mathews, 2 Khian Kotze, 3 Laliq Adams.

Clubmans-klas: 1 John Daniel Simpson, 2 Jorn Greiter, 3 Francois Cronjé.

Veterane: 1 Quinton van Rooyen, 2 Heiko Stranghoner, 3 Rudie Brand.

Meesters: 1 Sigi Pack, 2 Tony Viljoen, 3 Ronald Geiger.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!