‘VSA onder 10 gevaarlikste lande vir vroue’
Die Indiese regering se syfers wys dat misdaad teen vroue tussen 2007 en 2016 met 83% toegeneem het.
Indië is die wêreld se gevaarlikste land vir vroue wat seksuele geweld, slawerny, seksslawerny en gereëlde huwelike betref, lui ’n verslag wat Dinsdag bekend gemaak is.
Afghanistan, Sirië, Somalië en Saoedi-Arabië is kort op die hakke van Indië, blyk uit ’n peiling van die Thomson Reuters-stigting onder 550 kundiges in vrouesake.
Die enigste Westerse land in die toptien is Amerika, wat derde is op die lys van lande waar vroue die grootste risiko loop om seksuele geweld, teistering en verkragting te beleef. Dit is op grond van die onlangse #MeToo en Time’s Up-veldtog wat lank in die nuus was.
Dit situasie in Indië het vererger sedert die laaste peiling in 2011, wat beteken daar word nie genoeg gedoen om die gevare te hanteer nie, meen kundiges.
Dis nou meer as vyf jaar sedert ’n vroulike student op ’n bus in Delhi verkrag en vermoor is en geweld teen vroue landswyd aandag begin kry het.
“Indië toon geen respek vir vroue wat betref verkragting, verkragting in die huwelik, seksuele aanranding en teistering, asook kindermoord nie,” het Manjunath Gangadhara, ’n staatsamptenaar van Karnataka in Indië, gesê.
Die Indiese regering se syfers wys dat misdaad teen vroue tussen 2007 en 2016 met 83% toegeneem het. Vier sake van verkragting word uurliks aangemeld.
Afghanistan is die land waar vroue die meeste blootgestel word aan swak gesondheidsorg, oorlogsgeweld, geslagsgegronde geweld, mishandeling, ongeletterdheid en armoede.
Ferozuddin Feroz, minister van openbare gesondheid in Afghanistan, sê die verslegtende veiligheidsituasie, waar groot dele van die land onder beheer van die Taliban is ná 17 jaar van oorlogvoering, maak die lewe vir vroue ondraaglik.
“Selfmoordbomaanvalle en gewapende konflik is die derde grootste oorsaak van sterftes en gestremdheid in Afghanistan,” het Feroz aan die Thomson Reuters-stigting gesê.
“Pleks daarvan dat ons geld aan moeders se gesondheid bestee, bestee ons dit aan traumaberading.”
Die uitwerking van die oorlog in Sirië het dieselfde uitwerking op vroue.
Somalië se burgeroorlog, wat al langer as 20 jaar duur, het ’n kultuur van geweld geskep en die instellings wat die wet moet toepas, verswak. Dié land is die vyfde gevaarlikste land vir vroue ter wêreld. – Netwerk24/Reuters
GRYSBLOK
10 lande
Volgens CNN is die tien gevaarlikste lande vir vroue:
1. Indië
2. Afghanistan
3. Sirië
4. Somalië
5. Saoedi-Arabië
6. Pakistan
7. Demokratiese Republiek die Kongo
8. Jemen
9. Nigerië
10. Die VSA

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie