VSA onttrek personeel uit Mogadisjoe
Amerika het sy burgers wat nienoodsaaklike dienste in Somalië verskaf, aangesê om die hoofstad Mogadisjoe te verlaat, omdat daar “'n spesifieke dreigement teen sy personeel” gemaak is, luidens 'n verklaring wat die Amerikaanse regering Saterdag uitgereik het.
Die VSA se diplomatieke sending is in naburige Kenia, aangesien Amerika sedert 1991 nie meer 'n ambassade in Somalië het nie, juis weens die “uiters onstabiele veiligheidsituasie” in die land, berig News24.
Amerika het Vrydag sy eerste lugaanvalle teen Islamitiese Staat in Somalië uitgevoer waarin “talle terroriste” gesneuwel het, volgens 'n verklaring deur die Amerikaanse weermag.
Al Jazeera berig die Amerikaanse weermag het twee lugaanvalle saam met Somaliese weermagtroepe uitgevoer – een om middernag en een later die oggend.
“Weens die spesifieke bedreiging wat ontvang is teen Amerikaanse personeel by die Mogadisjoe- internasionale lughawe, het die Amerikaanse sending in Somalië sy nienoodsaaklike burgers aangesê om tot nadere kennisgewing uit Mogadisjoe pad te gee,” lui die verklaring.Geen ander besonderhede is verskaf nie. Amerika het sedert 1991 nie 'n ambassade in die land nie, en sou later vanjaar weer 'n permanente diplomatieke teenwoordigheid in Mogadisjoe gevestig het.
– Netwerk24/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie