VSA op hete kole oor verslag oor Trump, Russe
William Barr, Amerika se prokureur-generaal, kan so gou as Saterdag die hoofbevindinge bekend maak in Robert Mueller se vertroulike verslag oor sy 22 maande lange ondersoek na die Russe se rol in die presidensiële verkiesing van 2016 en enige oortredings deur pres. Donald Trump.
Barr, wat die verslag Vrydag van die voormalige direkteur van die FBI ontvang het, het aan Amerikaanse wetgewers gesê dat hy hulle al “so vroeg as die naweek” oor die hoofbevindinge in die verslag sal kan inlig. Volgens regulasies van die departement van justisie het Barr die mag om te besluit wat bekend gemaak word.
Die groot vraag is of die verslag beweringe van oortredings deur Trump bevat of hom onskuldig bevind. Mueller het ondersoek of Trump se veldtog met Moskou saamgesweer het om die verkiesing te beïnvloed en of die Republikeinse president later wederregtelik probeer het om die ondersoek te dwarsboom.
Mueller het geen verdere aanklagte aanbeveel nie, het ’n senior amptenaar van justisie gesê, wat daarop kan dui dat daar nie meer strafregtelike aanklagte teen Trump in die ondersoek sal volg nie. In sy ondersoek het Mueller 34 mense en drie maatskappye aangekla, met tronkstraf vir party van Trump se oudhelpers.
Wetgewers van albei partye het gevra dat die verslag gou bekend gestel word, en Demokrate het geëis dat niks verswyg word nie, en gedreig om hof toe te gaan indien nodig. Barr, wat in Februarie begin het, is deur Trump aangestel nadat die president sy voorganger, Jeff Sessions, in November afgedank het.
“Ek is verbind tot soveel deursigtigheid as moontlik en ek sal julle op die hoogte hou van die stand van my oorsig,” het Barr in ’n brief aan die wetgewers gesê.
Trump het vroeër die ondersoek onder verdenking probeer plaas en dit as ’n “heksejag” afgemaak en gesê Mueller het ’n botsing van belange. Hy het egter Woensdag gesê hy gee nie om as die publiek toegelaat word om die verslag te sien nie. - Netwerk24/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie