VSA open nuwe ambassade in Jerusalem
VSA open nuwe ambassade in Jerusalem

VSA open nuwe ambassade in Jerusalem

Amerika het gister sy nuwe ambassade in Jerusalem geopen – ’n stap wat deur Israel geloof en deur die Palestyne veroordeel word en tot massa-protesaksies kan lei.

Senior Amerikaanse amptenare, onder wie pres. Donald Trump se dogter, Ivanka, en haar man, Jared Kushner, het die opening bygwoon.

Trump se besluit om die ambassade uit Tel Aviv te skuif het Palestyne, wat aanspraak daarop maak dat Oos-Jerusalem ’n toekomstige hoofstad is, ontstel.

Israel beskou dit as ’n “ewige en onverdeelde” hoofstad.

’n Klein tussentydse ambassade sal uit die bestaande Amerikaanse konsulaatgebou in Jerusalem bedryf word.

’n Groter terrein sal later aangeskaf word wanneer die res van die ambassade na Tel Aviv skuif.

Trump sou die geleentheid in ’n video-opname toespreek.

Duisende mense het gister by die omheining wat Israel van die Gaza-strook skei, betoog. - Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!