VSA pas sanksies teen Guptas toe
Amerika se departement van finansies het Donderdag sanksies aangekondig teen die Gupta-familie en hul vennoot Salim Essa oor dié se “bedenklike transaksies en staatskaping in Suid-Afrika”.
“Die Guptas en Essa het hul invloed op vooraanstaande politici en partye gebruik om hul sakke vol te stop met geld wat hulle nie toekom nie,” sê Sigal Mandelker, onderminister in die tesourie belas met terrorisme en finansiële intelligensie.
“Die Gupta-familie het hul politieke bande gebruik om wydverspreide korrupsie en omkopery te pleeg, regeringskontrakte te bekom en staatsbates te misbruik,” sê Mandelker in haar verklaring.
“Die tesourie teiken spesifiek Ajay, Atul en Rajesh Gupta en Essa weens hul betrokkenheid by korrupsie in Suid-Afrika.”
Die sanksies word toegepas aan die hand van ’n uitvoerende opdrag ter versterking van die wêreldwye Magnitsky-aanspreeklikheidswet.
Mandelker sê die Guptas se korrupsie is georkestreer ten koste van Suid-Afrikaners. Luidens die verklaring het pres. Donald Trump die uitvoerende opdrag uitgereik ingevolge waarvan die sanksies toegepas is.
Hy meen dat menseregteskending en korrupsie wat hul oorsprong buite die VSA het, so omvangryk geword het dat dit die stabiliteit van internasionale politieke en ekonomiese stelsels negatief raak.
Die tesourie het tot nog toe sanksies teen 118 mense en entiteite as gevolg daarvan toegepas.
“Ons sal voortgaan om diegene wat uit korrupsie wins maak, uit die Amerikaanse finansiële stelsel te sluit.
“Vandag se aangekondigde sanksies toon die Amerikaanse regering se onwrikbare verbintenis daartoe om die oppergesag van die reg en verantwoordbaarheid in Suid-Afri-ka te steun,” lui die verklaring.
“Ons ondersteun teenkorrupsiepogings van Suid-Afrika se onafhanklike regstelsel, wetstoepassingsagentskappe en voortgesette geregtelike kommissies van ondersoek.”
Luidens die verklaring loof die tesourie ook die uitsonderlike werk wat burgerlike organisasie-aktiviste, ondersoekende joernaliste en fluitjieblasers gedoen het om die omvang en diepte van die Gupta-familie se korrupsie bloot te lê.
Ronald Lamola, minister van justisie, het gesê hy verwelkom die stappe. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie