VSA president koggel vrou wat Kavanaugh aankla
Pres. Donald Trump van Amerika het Dinsdag die vrou wat Brett Kavanaugh van seksuele aanranding aangekla het, erg gekritiseer en gekoggel.
Kavanaugh is aanvaar as kandidaat vir 'n regterspos in die hoogste hof in Amerika.
Trump het volgens die koerant The Commercial Appeal vroue wat ná jare uitpraat oor seksuele aanranding en verkragting, erg gekritiseer.
Die president het Dinsdagaand in Mississippi gepraat en Christine Blasey Ford, die vrou wat Kavanaugh aangekla het, se getuienis gekoggel, berig MySanAntonio.com.
Trump het Ford aangevat omdat sy dit moeilik gevind het om die gebeure van die beweerde aanranding 36 jaar gelede, toe sy en Kavanaugh saam op hoërskool was, te onthou.
Kavanaugh ontken die aantygings teen hom.
Volgens AP het Ford se prokureur, Michael Bromwich, gesê die president se aanmerkings is “wreed, gemeen en sielloos”.
“Geen wonder sy en die ander slagoffers daar buite wou nie getuig nie,” het Bromwich gesê.
– Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie