VSA president vra weer vir miljarde vir grensmuur
Die Demokrate meen Trump is besig om valse stellings te maak en hy skep ’n krisis sodat hy geld vir die muur kan kry.
Pres. Donald Trump het Dinsdag Amerikaanse tyd ’n beroep op die Amerikaanse kongres gedoen om vir hom US$5,7 miljard te gee sodat hy ’n grensmuur tussen Amerika en Mexiko kan bou.
Hy het Amerikaners laataand toegespreek en gesê die land sit met ’n sekuriteitsprobleem omdat daar nie ’n grensmuur tussen Amerika en Mexiko is nie.
Trump het tydens sy toespraak gesê dat onwettige Mexikaanse immigrante en dwelms Amerikaners se veiligheid bedreig.
“Hoeveel Amerikaanse bloed moet nog verspil word voordat die kongres besluit om sy werk te doen?”
Trump het die staatsluiting veroorsaak nadat die Demokrate, wat nou in beheer van die Huis van Verteenwoordigers is, geweier het om vir hom US$5,7 miljard vir die muur te gee.
Hy dreig al vir ’n paar dae om ’n nasionale noodtoestand af te kondig omdat die regering al vir 18 dae gesluit is.
Die Demokrate het nie op hulle laat wag nie en die Amerikaanse nasie toegespreek nadat Trump met sy toespraak klaargemaak het.
VALSE STELLINGS
Hulle meen Trump is besig om valse stellings te maak en hy skep ’n krisis sodat hy geld vir die muur kan kry.
Trump het weer tydens sy toespraak gesê dat die grensmuur van staal gemaak kan word nadat hy ’n paar dae gelede toegegee het dat die muur van staal pleks van beton gemaak kan word.
Die Demokrate meen die grensmuur sal nie net US$5,7 miljard kos nie, maar Amerika US$24 miljard uit die sak jaag.
Nancy Pelosi, nuwe speaker, en Chuck Schumer, leier van die Demokrate in die Huis van Verteenwoordigers, het ná Trump se toespraak gesê hy wil Amerikaners se geld op die muur mors, terwyl hy belowe het om self vir die muur te betaal.
Trump sal die grens tussen Amerika en Mexiko Donderdag besoek. – Netwerk24/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie